Skip to main content

Posts

Showing posts from July, 2023

Comments from the coach's bench: Jackie Scheepers

  Comments from the coach's bench: Jackie Scheepers Foto: EJ Lang -  I will go to war with this team -  Last year's U 13A hockey match was an epic match. Paarl Gim had a team to die for and Girls’ High had no choice but to defend most of the game. Today I was standing next to the field trying to sort my bags and belongings out when suddenly I was drawn into the U. 13A hockey match. Girls’ High was on the attack, in fact, we struck at goal in the first five minutes. “Hello,” I told myself, “what is happening here?” This is a match! You could see it in the body language of players and their resilience. In the distance, the coach, Jackie Scheeper, was marching up and down with her whiteboard in hand. I wondered what she was thinking and how she felt. I cornered her over Whatsapp to comment on her feelings regarding the match, because I felt the game could have gone either way. Her response was such: “Wow! It was an incredibly competitive game and it could have gone either way.” Sh

Die Laerskool Groot Brag gaan oor Groot Geesvang!

  Die Laerskool Groot Brag gaan oor Groot Geesvang! ‘ n Mens weet dit is interskole as die dak van die skoolsaal lig soos die Laerskool op die Maandag van interskole week sing: Mango-mango, die Gimmies doen die tango. Die Laerskool interskole het met luister afgeskop. Die saal was feestelik opgemaak in wit, blou en jade. Die dogters het trots gesit met hulle hare mooi gevleg en ‘n nautilus tatoo op die linkerwang. Elke span en leerder kry haar beurt om vorentoe te tree en aan almal te wys dat sy reg is vir die groot dag en die groot wedstryd. Alles hang van die regte opstapliedjie af. ‘n Span moet ‘n goeie opstapliedjie hê. Die opstapliedjie bind hulle saam as ‘n span. As hulle aanvanklik opstaan is elke spanlid nog in haar eie wêreld, maar die musiek gryp hulle aan om in gelid met die nodige “right stuff” houding by die gangetjie af te stap. Natuurlik vermurwe elke mamma se hart as sy kyk na haar ou doggie wat voor op die verhoog staan. Die kapteine, skaars ‘n paar bakstene groot, vat

Drome wat verbrokkel voor jou oë: ‘n Onderhoud met Van Heerden Pretorius.

  Drome wat verbrokkel voor jou oë: ‘n Onderhoud met Van Heerden Pretorius. deur Mira-Ann van Niekerk Interskole is ‘n drie-skool geleentheid: Hoër Meisieskool Paarl, Hoër Jongenskool Paarl en Hoërskool Paarl Gimnasium. Vir die week van Interskool is HMS en HJS een familie, susters en broers teen hul opponente in die Noorde. Interskole-week bestaan uit netbal, hokkie, skaak, rugby en nog meer wat gespeel word. By HMS loop die netbal en hokkie opwinding natuurlik oor, maar in die dorp bou die week op tot Saterdag se eerstespan wedstryd. Ek het dus besluit om so paar vrae vir ons broerskool se eerstespan kaptein, Van Heerden Pretorius te vra.  Van Heerden is ‘n interessante man om mee te gesels en hy ervaar vanjaar ‘n soortgelyke hartseer as wat ons eerstespan hokkie kapteine, Zanke Nell, verlede jaar ervaar het. Hulle het beide in die oploop na interskole hulle kakebeen gebreek en is gevolglik die voorreg om deel te neem aan hierdie spesiale geleentheid verbeur.     1. Van Heerden, inte

Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag.

  Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag. ‘n Derby-dag, soos interskole is ‘n wonderlike ding. Dit is ‘n dag waarna die skool heeljaar uitsien net om vir hul opponente te wys wie is nou eintlik die beter skool. Die leerders gaan gewoonlik bos met die geleentheid en van die ouers trek heeltemal in die oerwoud in. Afrigters of breiers soos hulle in ou Afrikaans bekend gestaan het, bearbei hul spanne en smeek hulle om kalm te bly, want as derby dag waansin eers deur jou span ingeasem word dan kan dinge op vele maniere skeef loop… Ek is ‘n onderwyserskind en het langs die sportveld groot geword. As kind kan ek derby-dae of interskoles net onthou vir die ewigdurende 60 minute van die eerste hokkiespan wedstryd voor ek my gesig kon gaan taai maak met spookasem en stroop-vetkoeke. Soos ek ouer geraak het, het die dag natuurlik ander betekenis gekry. Ek het self gespeel in daardie eerste span. Die reuk van deepheat en gemufde shinpads het altyd om jou en jou spanmaats gehang. Jo

Reminiscing about growing older with interschools

  Reminiscing about growing older with interschools By Chané van Zyl As I sit here, in the final stretch of my high school journey, I can't help but reminisce about the incredible experiences I've had, especially one that stands out as a highlight for every student - Interschools! From the nervous excitement of my Grade 8 year to the confident enthusiasm of my matric year, the journey has been nothing short of exhilarating. So, join me as I take you on a rollercoaster ride through my Interschools adventures, and how they've shaped my high school experience. Grade 8: The Wide-eyed Newcomer Ah, Grade 8 - a time of wide-eyed wonder and discovering the wonders of high school. Interschools sounded like a grand affair, but to be honest, I had no clue what I was getting into. The seniors were pumped up, the school spirit was contagious, but I couldn't help but feel like a small fish in a vast ocean of energy. Matric: The Unstoppable Powerhouse Fast forward to my matric year, a

Girls' High get outta your mind!!!!

  Girls’ High! Get outta your mind! Isabella Groenewald Geesweek started off like the Girls’ High, get outta your mind hype song, soft and quiet, on photo day with poster making.  The second time going through the song, the anticipation for the chaos and fun waiting in the last verse increases. Similarly, the second day of geesweek had an indescribable buzz going through our school halls (as well as Abi with her speaker) with the Anything, but a schoolbag day. People were pointing and bursting with laughter at fish nets or 50-litre cooler boxes.  The third time singing Girls’ High, get outta your mind , the tempo speeds up, and everyone starts getting hyped. Entire face paint and glitter containers were used on Wednesday’s greenlight for face decorations. Juffrou Bosch had her first chance back on the netball court since matric in the high spirits of the teachers’ netball match! The fourth time singing, you have to restrain yourself from shouting the words fully and to wait for the a

VOORWOORD

Groen krioel binneaars soos harte vir Interskole klop .                Annemay Schade Herinneringe aan Interskole 2022 Dit is tyd. Groen oorheers vir die volgende week - en dis nie beperk tot wat die oog kan waarneem nie. Groen krioel binneaars, want óns harte klop Interskole.  Hoe raak 'n mens bewus van elke onvervangbare oomblik tussendeur die warboel van geesvang, stem verloor, die get-go pace van dié week?  Natuurlik is Interskole ongetwyfeld die ALL CAPS, GEHIGHLIGHT gebeurtenis op elke Girls' Higher se kalender. Die tuimeltrein van emosie is enig in sy soort, maar as matriekleerder word elke emosie verskerp deur die wete dat dit vir 'n laaste keer in skooldrag ervaar kan word, voor die skoolbaadjie vir 'n Old Girls' serp verruil word.  Met verwagtinge wat 'n skamele druppel is in vergelyking met die realiteit van die gees oseaan, kan ons nie anders as bars van opwinding nie. My hoop is dat die kern oomblikke nie slegs die wendoel of oorwinnings is nie. Dis