Hoe sitplekke jou staanplek in die lewe weerspieël. - Kontroversieel - Sjoe! Wat ‘n dag was gister nie vir Hoër Meisieskool en die meisies van Paarl Gimnasium nie. Beide skole het mooi oorwinnings gehad en ‘n paar oog-toe-maak verlore. Ek gaan nie nou uitbrei oor die wedstryde, die atmosfeer of selfs die verversings nie. Daar gaan nog deur die dag vars berigte daaroor volg. Gister was daar te midde van die mooi en die kompetisie tog ‘n element wat nie anders kon as om te krap aan die wese van ‘n vrou nie, en dit is die sitplek. Ja, ek kan nie anders as om myself te vra hoe die beskikbaarheid van sitplek by vrouesporte, vroue se staanplek in die samelewing weerspieël nie? Gister is daar plofbare Netbal gespeel. Gim se spelers het hul harte uitgespeel en in baie gevalle so ‘n asemrowende vertoning op die baan gesit. Die meisies en ouers van Paarl Gim wou tog sekerlik hierdie vertoning in persoon kon besigtig, maar daar was nie plek nie. HMS se spelers moes aanpas en moedhou teen die aans...
Resilience, Tenacity and Respect