Stilte voor die storm kom... deur Chané van Zyl Kritiese besinning - Chané van Zyl vra kritiese vrae oor outentiek lewe veral met geleenthede soos Interskole waar die gesiglose krag en mening van die groep jou kan meesleur en ontneem van jou eie outentieke gewaarwording en belewing. Ons skop die jaar af op die regte noot, 'n harmonie van gesang en eenheid. Die verhoog straal van eenheid met die reënboog van leerders - vanaf groen en blou tot by geel en groen. Harmonie, sinergie, en eenheid lyk asof dit 'n deurlopende tema is vir interskole. Ons ondersteun en vat mekaar se hande, lig mekaar op en bou mekaar op, ongeag die omstandighede of uitslae. Ons skep 'n ruimte van veiligheid en omgee te midde van die harde geraas van die skare. Dit bring my by die hoof-boodskap van die aand - as jy voor 'n honger skare staan, wat sal jy hulle voed? Watter voorbeeld sal jy stel vir die toeskouers? Sal jy die platform benut om jou karakter ten toon te stel? Het ons miskien te ...
Resilience, Tenacity and Respect