Skip to main content

Stilte voor die storm kom...

 Stilte voor die storm kom...

deur Chané van Zyl 

Kritiese besinning - Chané van Zyl vra kritiese vrae oor outentiek lewe veral met geleenthede soos Interskole waar die gesiglose krag en mening van die groep jou kan meesleur en ontneem van jou eie outentieke gewaarwording en belewing.


Ons skop die jaar af op die regte noot, 'n harmonie van gesang en eenheid. Die verhoog straal van eenheid met die reënboog van leerders - vanaf groen en blou tot by geel en groen. Harmonie, sinergie, en eenheid lyk asof dit 'n deurlopende tema is vir interskole. Ons ondersteun en vat mekaar se hande, lig mekaar op en bou mekaar op, ongeag die omstandighede of uitslae. Ons skep 'n ruimte van veiligheid en omgee te midde van die harde geraas van die skare.


Dit bring my by die hoof-boodskap van die aand - as jy voor 'n honger skare staan, wat sal jy hulle voed? Watter voorbeeld sal jy stel vir die toeskouers? Sal jy die platform benut om jou karakter ten toon te stel?


Het ons miskien te skeinheilig geword? Ek los julle met daardie vraag en ń aanhaling van C.S. Lewis: “When the whole world is running towards a clift - he who is running in the opposite direction appears to have lost his mind.”


Die skare juig, net nog een opinie, een stem, een stukkie raad, sê wat jy wil. Dit is egter die stiltes wat ons ongemaklik maak. In hierdie stiltes word ons gekonfronteer met ons diepste gedagtes. Sal jy toegee onder die druk van die skare? Sal jy jou klank verdof, jou kleur onderdruk, of sal jy staande bly op jou standpunte en karakter? Onthou wie jy is sonder die geraas van ander se stemme. Jy is genoeg...


Jy is alewig rusteloos.Vervelig en aspris skuif ons nader aan die maklike uitweg. Wonder jy of jy leë drome najaag? Begrawe jou twyfel diep onder die verwagtinge van die skare. Ons het in glaskaste begin woon. Glaskaste wat toegesluit is vir ander om ons. Slegs ń perfekte, ongerepte uitstalling vir die wat bereid is om dalk vir ń split sekonde te stop en aanskou. Daar is ń baie fyn lyn tussen dit alles bymekaar hou, en heeltemal uitmekaar laat val. Hou op om jou breekbaarheid te vrees. Leef net ń bietjie…lag uit jou maag uit, huil uit die diepste van jou wese, lag so hard dat jy begin huil. Dra jou hart op jou mou, jou siel in jou sak, jou gedagtes in jou hart en wees eerlik met jouself.




Comments

Popular Posts

Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer

  Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer deur Chane van Zyl Foto: EJ Lang Gim se hekke wemel van voete wat in en uit beweeg. Dis 'n gonsende bynes van opwinding en verwagting wat in die lug hang. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Dit is INTERSKOLE! Met 'n hart vol liefde en nostalgie neem ek die geleentheid waar om die dag te deel met my geliefde vriendinne. Ons loop saam langs die veld, die herinneringe van ons avonture en oomblikke van vreugde en verdriet deelend. Ons praat oor ons drome en hoop vir die toekoms, terwyl ons weet dat hierdie oomblikke ons altyd sal verbind, selfs al skei ons paaie eendag. Die geur van vars grasperk vul die lug, en ek kan nie anders as om die oomblik te koester nie. Ek neem 'n oomblik om om my te kyk en al die gelukkige gesigte te sien. Ons meisies het ons verskillende belange en talente, maar vandag is ons almal een - een skool, een gemeenskap, een familie. Die wedstryde vorder, en ek voel die adrenalien in my are pomp. ...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

A last hurrah for Interschools 2023

A last hurrah for Interschools 2023! By Abigail Combrinck, Phia Heydenreich and Annemay Schade. With these parting words the writers and Editorial team of the Paarl Girls' High Interschools '23 Blog leave you. It was an absolute pleasure to report on the daily events, to get excited about games to come and reflect on the deeper meaning of Interschools for us. We thank our writers Isabella Groenewald, Chane van Zyl, Mira van Niekerk, Luca Yelverton, Hanah Malan, Karla Joubert and Mrs. Swart for making the blog possible this year. Please visit us again if you just want to relive a moment! Foto: EJ Lang When the high school gathered in front of the main building on Monday morning, all of our hearts were heavy. The feeling of anti-climax after such an exciting week is one of the worst feelings. Despite your tired body and burning throat, you wish you could relive the hustle and bustle of Interschool week. In the Interschools week, something new happens every day and every hour: and...