Skip to main content

Stilte voor die storm kom...

 Stilte voor die storm kom...

deur Chané van Zyl 

Kritiese besinning - Chané van Zyl vra kritiese vrae oor outentiek lewe veral met geleenthede soos Interskole waar die gesiglose krag en mening van die groep jou kan meesleur en ontneem van jou eie outentieke gewaarwording en belewing.


Ons skop die jaar af op die regte noot, 'n harmonie van gesang en eenheid. Die verhoog straal van eenheid met die reënboog van leerders - vanaf groen en blou tot by geel en groen. Harmonie, sinergie, en eenheid lyk asof dit 'n deurlopende tema is vir interskole. Ons ondersteun en vat mekaar se hande, lig mekaar op en bou mekaar op, ongeag die omstandighede of uitslae. Ons skep 'n ruimte van veiligheid en omgee te midde van die harde geraas van die skare.


Dit bring my by die hoof-boodskap van die aand - as jy voor 'n honger skare staan, wat sal jy hulle voed? Watter voorbeeld sal jy stel vir die toeskouers? Sal jy die platform benut om jou karakter ten toon te stel?


Het ons miskien te skeinheilig geword? Ek los julle met daardie vraag en ń aanhaling van C.S. Lewis: “When the whole world is running towards a clift - he who is running in the opposite direction appears to have lost his mind.”


Die skare juig, net nog een opinie, een stem, een stukkie raad, sê wat jy wil. Dit is egter die stiltes wat ons ongemaklik maak. In hierdie stiltes word ons gekonfronteer met ons diepste gedagtes. Sal jy toegee onder die druk van die skare? Sal jy jou klank verdof, jou kleur onderdruk, of sal jy staande bly op jou standpunte en karakter? Onthou wie jy is sonder die geraas van ander se stemme. Jy is genoeg...


Jy is alewig rusteloos.Vervelig en aspris skuif ons nader aan die maklike uitweg. Wonder jy of jy leë drome najaag? Begrawe jou twyfel diep onder die verwagtinge van die skare. Ons het in glaskaste begin woon. Glaskaste wat toegesluit is vir ander om ons. Slegs ń perfekte, ongerepte uitstalling vir die wat bereid is om dalk vir ń split sekonde te stop en aanskou. Daar is ń baie fyn lyn tussen dit alles bymekaar hou, en heeltemal uitmekaar laat val. Hou op om jou breekbaarheid te vrees. Leef net ń bietjie…lag uit jou maag uit, huil uit die diepste van jou wese, lag so hard dat jy begin huil. Dra jou hart op jou mou, jou siel in jou sak, jou gedagtes in jou hart en wees eerlik met jouself.




Comments

Popular Posts

Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat!

  Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat! Sjoe! Ek is opgewonde oor die o.18 A hokkiewedstryd. ‘n Jong span en ‘n nuwe jaar. Hulle ken nie vrees nie en hulle speel vir mekaar. Dit is wat almal sê van hierdie spannetjie. Hierdie spannetjie het ‘n goeie jaar gehad en hulle moes deurgaans vegtersgees wys vanaf hul toernooi vroeër vanjaar by St Mary’s in Pretoria. In elke wedstryd teen elke top gerangeerde span het hulle ons verras. Hulle kan nie in ‘n blik gedruk word nie.  Kom ons wees eerlik dat in die Paarl wil mense graag HMS hokkie in ‘n blik druk en ons weet dat die volgende twee dae se hokkie wedstryde ‘n Dawid en Goliat storie is. Dit is ‘n geval van “we see your one Astro and we raise you two.” Geen oorwinning gaan vir ons gegee word nie. Die oorwinning wat ons o.18 A’s vroeër vanjaar oor Gim gekry het, is ‘n gelukkige herinnering om te hê, maar dit kan op ons boemerang. Ons sit nou met die spreekwoordelike gekwesde bul wat reg is vir ons en ons graag sa...

Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:

  Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:  by Karla Joubert Some describe her as the best player they have seen in a long time. Others say she plays effortlessly and it is as if she simply plucks the ball out of the air. Where others rush she simply moves with time distributing the ball to all her teammates. She is of course Kyla Dames.  We asked Kyla some questions that we are sure our readers are burning to know, as well as offering some of her advice and expectations for what lies ahead regarding the upcoming interschools game.  Karla : What role do you play as captain? Kyla : I don't feel as if I play a specific role. I rather offer support to my team and try to bring out the best in them.  Karla : What makes netball such a special sport to you ? Kyla : Netball is very special. The sport itself is really amazing and a good netball game is definitely one of the best games to watch. Netbal allowed me to meet so many people and form some of m...

Ode to our Matrics of '23 - The Final Countdown

Ode to our Matrics of '23 - The Final Countdown   by Hannah Malan As the Matrics are approaching the final countdown of their high school years, they are grabbing the bull by the horns by taking every opportunity that comes their way. A group of friends created a netball team on the first of August to play Interschools on the fourth of August. Most of the team had not played netball since primary school and joined the team for the fun of it. They asked one of their friends, who unfortunately cannot play netball anymore, to coach their last-minute team. Zemke Lombard coached one practice before the team was ready to play. The team played with enthusiasm and passion a week after they were formed. They achieved a surprisingly near loss against the Paarl Gymnasium u.19D team. There are many Matrics who partook in both netball and hockey this year to experience the full Interschools feeling for the last time. The countdown on their final year of high school keeps ticking yet they are fi...