Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Game build-up

‘n Buitengewone Spanbou: Hande vat met Samaritan's Feet

‘n Buitengewone Spanbou: Hande vat met Samaritan's Feet Deur Annemay Schade Interskole is daardie tyd van die jaar waar elke leerder se fokus op skooltrots gerig is en hul visie na die buitewêreld begrens is. Al wat jy lééf is jou skool, geesvang en die in dril van spelpatrone. Dit kom nooit eers in jou gedagtes dat jy jouself in lugbel bevind wat só ver verwyder is van ander se realiteit nie.  Die tweede hokkiespan van HMS het egter, en ek dink dit is ‘n eerste, ons spanbousessie gebruik om uit te reik na ander. Ons het hande gevat met Samaritan’s Feet.  Ons het eerder as klets en pizza eet, ons brose menslikheid ontdek deur, deur ons interskole wedstryd en liefde vir die sport, liefde aan ander te bewys. Ons is na die Ikamva Foundation in Mbekweni waar ons as deel van die Samaritan’s Feet Projek en Goals fo Life ‘n klein verskilletjie probeer maak het in die lewens van kinders wat in hierdie wintermaande nie die voorreg het om warm sokkies en skoene aan hul voete te dra nie....

Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat!

  Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat! Sjoe! Ek is opgewonde oor die o.18 A hokkiewedstryd. ‘n Jong span en ‘n nuwe jaar. Hulle ken nie vrees nie en hulle speel vir mekaar. Dit is wat almal sê van hierdie spannetjie. Hierdie spannetjie het ‘n goeie jaar gehad en hulle moes deurgaans vegtersgees wys vanaf hul toernooi vroeër vanjaar by St Mary’s in Pretoria. In elke wedstryd teen elke top gerangeerde span het hulle ons verras. Hulle kan nie in ‘n blik gedruk word nie.  Kom ons wees eerlik dat in die Paarl wil mense graag HMS hokkie in ‘n blik druk en ons weet dat die volgende twee dae se hokkie wedstryde ‘n Dawid en Goliat storie is. Dit is ‘n geval van “we see your one Astro and we raise you two.” Geen oorwinning gaan vir ons gegee word nie. Die oorwinning wat ons o.18 A’s vroeër vanjaar oor Gim gekry het, is ‘n gelukkige herinnering om te hê, maar dit kan op ons boemerang. Ons sit nou met die spreekwoordelike gekwesde bul wat reg is vir ons en ons graag sa...