Uit die oog van 'n speler - die O.13 A hokkiewedstryd deur Mikayla Barnard Sjoe, wat ’n ongelooflike ervaring was my laaste Interskole hokkie van die laerskool!!!! Dit was ’n aftel van skooldae, laaste paar oefen sessies inpas, kreet oefen, 5uur opstaan om 6uur by die skool te wees, hare vleg en regmaak vir die groot dag, Big Brag, en uiteindelik ‘Game day’. My maag het weer gefladder soos altyd en weer was ek herinner daaraan dat ek nie hierdie dag alleen gaan aanpak nie. Ons het as een man saamgestaan toe ons saam met die Gimmies aantree vir ons kreet. Maar ek het nie bang gevoel nie, net die ‘butterflies’ en die opgewondenheid wat ek nie kon keer nie. Ek het die groot skare mense voor ons sien staan….. en dit was vir my iets wat ek altyd sal onthou…. Almal is hier om ons wedstryd te kom kyk. Dit het my sowaar weer baie dankbaar en nederig laat voel. Dankbaar dat ek gesond is en dat kan sport doen, iets waarvoor ek so lief is. En m...
Resilience, Tenacity and Respect