Skip to main content

Uit die oog van 'n speler - die O.13 A hokkiewedstryd

Uit die oog van 'n speler - die O.13 A hokkiewedstryd 

deur Mikayla Barnard

Sjoe, wat ’n ongelooflike ervaring was my laaste Interskole hokkie van die laerskool!!!!  Dit was ’n aftel van skooldae, laaste paar oefen sessies inpas, kreet oefen, 5uur opstaan om 6uur by die skool te wees, hare vleg en regmaak vir die groot dag, Big Brag, en uiteindelik ‘Game day’.  My maag het weer gefladder soos altyd en weer was ek herinner daaraan dat ek nie hierdie dag alleen gaan aanpak nie. 

Ons het as een man saamgestaan toe ons saam met die Gimmies aantree vir ons kreet.  Maar ek het nie bang gevoel nie, net die ‘butterflies’ en die opgewondenheid wat ek nie kon keer nie.  Ek het die groot skare mense voor ons sien staan….. en dit was vir my iets wat ek altyd sal onthou…. Almal is hier om ons wedstryd te kom kyk.  Dit het my sowaar weer baie dankbaar en nederig laat voel.  Dankbaar dat ek gesond is en dat kan sport doen, iets waarvoor ek so lief is.  En met die mooiste prentjie van bewolkte berge in die agtergrond het ek weer die Here so naby ons span ervaar.

Ons span het elke geleentheid gebruik om te wys waartoe ons in staat is, en alles waaraan ons so hard gewerk het deur die seisoen saam met juffrou Jackie, het so mooi bymekaar gekom.  Ek dink hierdie wedstryd was een van ons wedstryde waar ons die lekkerste nog saam gespeel het as span.   

Die wedstryd het my uitgedaag en ek het alles gegee!!  Half tyd was die telling nog 0 -0.  Ek weet die skare aan die Jade kant het toe baie hoop gehad.  Die Gimmies ook…. Want ek onthou net die gedruis van stemme en liedjies en aanmoediging.  

Ons het nooit moed opgegee nie, en nie een keer in die wedstryd het ons ophou veg nie.  Dit het my so trots gemaak om deel te kon wees van hierdie span.  Ek sal die herinneringe van hierdie wedstryd vir altyd onthou.  Alhoewel die telling met die eindfluitjie 2-0 was vir Gim, was ons harte oukei….want ons weet ons het ons beste gegee. 

Ons emosies was hoog na die wedstryd.  Maar ons was trots omdat ons kon aanhou druk toepas tot op die laaste minuut.  Ons het so mooi as span saaamgewerk en ek kon die ondersteuning van my spanmaats op die veld die heeltyd ervaar.  Of ons nou gewen of verloor het, die geleentheid was 'n viering van harde werk en passie.  

Met moeë bene en ’n gemoed van dankbaarheid het ons van die veld afgestap.  Juf Jackie se sagte, gelukkige oë vol trane van trots, sal my altyd by bly.  Ek het soveel respek vir haar en sy het ons as span so baie geleer en so baie met ons reggekry die seisoen.  

Die gees van interskole is ongelooflik aansteeklik. 

Dit is 'n tyd in die  jaar waar 3 skole saamkom en mekaar aanmoedig in sport en kultuur. 

Die opwinding en trots vul die hele Paarl.  Alles staan stil, self ons akademie kry geen aandag vir ’n volle week.

Dis ’n tyd waar deursettingsvermoë en samewerking gewoon word. 

Interskole sorg vir gesonde kompetisie en vriendskap tussen skole. Dit is 'n onvergeetlike geleentheid wat lewenslange herinneringe skep, of jy wen of verloor. Dis tog nie al wat saak maak nie.  Die wen is altyd lekker, maar die leer en groei wat jy saam met jou kan vat na elke wedstryd is goud werd!!!


Comments

Popular Posts

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

Dik Vibe

  Dik vibe  by Isabella Groenewald During Big Brag, a new teacher at our school, Ms Fouché, was put on the spot and asked to describe Interschools. Her answer summed up Interschools in two words and left the crowd cheering: Dik vibe. The first layer of the Interschools vibe takes place amongst school learners. You paint people’s faces you’ve barely held a conversation with. You borrow hair ties and ribbons from random people so one of the unofficial, underpaid Girls’ High stylists can braid your hair. You cheer unfamiliar names next to the sports field, regardless of if you know them or not, because they are part of your school. The dik Interschools vibe creates a form of nationalist pride in your school and reinforces the existing sisterhood we have in Girls’ High.  The second layer of Interschools vibe is the town of Paarl. During Interschools week, you have to colour coordinate your outfits to the school you support. You decorate your house in the school's colours, and...

‘n Buitengewone Spanbou: Hande vat met Samaritan's Feet

‘n Buitengewone Spanbou: Hande vat met Samaritan's Feet Deur Annemay Schade Interskole is daardie tyd van die jaar waar elke leerder se fokus op skooltrots gerig is en hul visie na die buitewêreld begrens is. Al wat jy lééf is jou skool, geesvang en die in dril van spelpatrone. Dit kom nooit eers in jou gedagtes dat jy jouself in lugbel bevind wat só ver verwyder is van ander se realiteit nie.  Die tweede hokkiespan van HMS het egter, en ek dink dit is ‘n eerste, ons spanbousessie gebruik om uit te reik na ander. Ons het hande gevat met Samaritan’s Feet.  Ons het eerder as klets en pizza eet, ons brose menslikheid ontdek deur, deur ons interskole wedstryd en liefde vir die sport, liefde aan ander te bewys. Ons is na die Ikamva Foundation in Mbekweni waar ons as deel van die Samaritan’s Feet Projek en Goals fo Life ‘n klein verskilletjie probeer maak het in die lewens van kinders wat in hierdie wintermaande nie die voorreg het om warm sokkies en skoene aan hul voete te dra nie....