Skip to main content

Uit die oog van 'n speler - die O.13 A hokkiewedstryd

Uit die oog van 'n speler - die O.13 A hokkiewedstryd 

deur Mikayla Barnard

Sjoe, wat ’n ongelooflike ervaring was my laaste Interskole hokkie van die laerskool!!!!  Dit was ’n aftel van skooldae, laaste paar oefen sessies inpas, kreet oefen, 5uur opstaan om 6uur by die skool te wees, hare vleg en regmaak vir die groot dag, Big Brag, en uiteindelik ‘Game day’.  My maag het weer gefladder soos altyd en weer was ek herinner daaraan dat ek nie hierdie dag alleen gaan aanpak nie. 

Ons het as een man saamgestaan toe ons saam met die Gimmies aantree vir ons kreet.  Maar ek het nie bang gevoel nie, net die ‘butterflies’ en die opgewondenheid wat ek nie kon keer nie.  Ek het die groot skare mense voor ons sien staan….. en dit was vir my iets wat ek altyd sal onthou…. Almal is hier om ons wedstryd te kom kyk.  Dit het my sowaar weer baie dankbaar en nederig laat voel.  Dankbaar dat ek gesond is en dat kan sport doen, iets waarvoor ek so lief is.  En met die mooiste prentjie van bewolkte berge in die agtergrond het ek weer die Here so naby ons span ervaar.

Ons span het elke geleentheid gebruik om te wys waartoe ons in staat is, en alles waaraan ons so hard gewerk het deur die seisoen saam met juffrou Jackie, het so mooi bymekaar gekom.  Ek dink hierdie wedstryd was een van ons wedstryde waar ons die lekkerste nog saam gespeel het as span.   

Die wedstryd het my uitgedaag en ek het alles gegee!!  Half tyd was die telling nog 0 -0.  Ek weet die skare aan die Jade kant het toe baie hoop gehad.  Die Gimmies ook…. Want ek onthou net die gedruis van stemme en liedjies en aanmoediging.  

Ons het nooit moed opgegee nie, en nie een keer in die wedstryd het ons ophou veg nie.  Dit het my so trots gemaak om deel te kon wees van hierdie span.  Ek sal die herinneringe van hierdie wedstryd vir altyd onthou.  Alhoewel die telling met die eindfluitjie 2-0 was vir Gim, was ons harte oukei….want ons weet ons het ons beste gegee. 

Ons emosies was hoog na die wedstryd.  Maar ons was trots omdat ons kon aanhou druk toepas tot op die laaste minuut.  Ons het so mooi as span saaamgewerk en ek kon die ondersteuning van my spanmaats op die veld die heeltyd ervaar.  Of ons nou gewen of verloor het, die geleentheid was 'n viering van harde werk en passie.  

Met moeë bene en ’n gemoed van dankbaarheid het ons van die veld afgestap.  Juf Jackie se sagte, gelukkige oë vol trane van trots, sal my altyd by bly.  Ek het soveel respek vir haar en sy het ons as span so baie geleer en so baie met ons reggekry die seisoen.  

Die gees van interskole is ongelooflik aansteeklik. 

Dit is 'n tyd in die  jaar waar 3 skole saamkom en mekaar aanmoedig in sport en kultuur. 

Die opwinding en trots vul die hele Paarl.  Alles staan stil, self ons akademie kry geen aandag vir ’n volle week.

Dis ’n tyd waar deursettingsvermoë en samewerking gewoon word. 

Interskole sorg vir gesonde kompetisie en vriendskap tussen skole. Dit is 'n onvergeetlike geleentheid wat lewenslange herinneringe skep, of jy wen of verloor. Dis tog nie al wat saak maak nie.  Die wen is altyd lekker, maar die leer en groei wat jy saam met jou kan vat na elke wedstryd is goud werd!!!


Comments

Popular Posts

Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:

  Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:  by Karla Joubert Some describe her as the best player they have seen in a long time. Others say she plays effortlessly and it is as if she simply plucks the ball out of the air. Where others rush she simply moves with time distributing the ball to all her teammates. She is of course Kyla Dames.  We asked Kyla some questions that we are sure our readers are burning to know, as well as offering some of her advice and expectations for what lies ahead regarding the upcoming interschools game.  Karla : What role do you play as captain? Kyla : I don't feel as if I play a specific role. I rather offer support to my team and try to bring out the best in them.  Karla : What makes netball such a special sport to you ? Kyla : Netball is very special. The sport itself is really amazing and a good netball game is definitely one of the best games to watch. Netbal allowed me to meet so many people and form some of m...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag.

  Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag. ‘n Derby-dag, soos interskole is ‘n wonderlike ding. Dit is ‘n dag waarna die skool heeljaar uitsien net om vir hul opponente te wys wie is nou eintlik die beter skool. Die leerders gaan gewoonlik bos met die geleentheid en van die ouers trek heeltemal in die oerwoud in. Afrigters of breiers soos hulle in ou Afrikaans bekend gestaan het, bearbei hul spanne en smeek hulle om kalm te bly, want as derby dag waansin eers deur jou span ingeasem word dan kan dinge op vele maniere skeef loop… Ek is ‘n onderwyserskind en het langs die sportveld groot geword. As kind kan ek derby-dae of interskoles net onthou vir die ewigdurende 60 minute van die eerste hokkiespan wedstryd voor ek my gesig kon gaan taai maak met spookasem en stroop-vetkoeke. Soos ek ouer geraak het, het die dag natuurlik ander betekenis gekry. Ek het self gespeel in daardie eerste span. Die reuk van deepheat en gemufde shinpads het altyd om jou en jou spanmaats gehang. Jo...