Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat! Sjoe! Ek is opgewonde oor die o.18 A hokkiewedstryd. ‘n Jong span en ‘n nuwe jaar. Hulle ken nie vrees nie en hulle speel vir mekaar. Dit is wat almal sê van hierdie spannetjie. Hierdie spannetjie het ‘n goeie jaar gehad en hulle moes deurgaans vegtersgees wys vanaf hul toernooi vroeër vanjaar by St Mary’s in Pretoria. In elke wedstryd teen elke top gerangeerde span het hulle ons verras. Hulle kan nie in ‘n blik gedruk word nie. Kom ons wees eerlik dat in die Paarl wil mense graag HMS hokkie in ‘n blik druk en ons weet dat die volgende twee dae se hokkie wedstryde ‘n Dawid en Goliat storie is. Dit is ‘n geval van “we see your one Astro and we raise you two.” Geen oorwinning gaan vir ons gegee word nie. Die oorwinning wat ons o.18 A’s vroeër vanjaar oor Gim gekry het, is ‘n gelukkige herinnering om te hê, maar dit kan op ons boemerang. Ons sit nou met die spreekwoordelike gekwesde bul wat reg is vir ons en ons graag sa...
Resilience, Tenacity and Respect