Skip to main content

Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat!

 Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat!


Sjoe! Ek is opgewonde oor die o.18 A hokkiewedstryd. ‘n Jong span en ‘n nuwe jaar. Hulle ken nie vrees nie en hulle speel vir mekaar. Dit is wat almal sê van hierdie spannetjie. Hierdie spannetjie het ‘n goeie jaar gehad en hulle moes deurgaans vegtersgees wys vanaf hul toernooi vroeër vanjaar by St Mary’s in Pretoria. In elke wedstryd teen elke top gerangeerde span het hulle ons verras. Hulle kan nie in ‘n blik gedruk word nie. 

Kom ons wees eerlik dat in die Paarl wil mense graag HMS hokkie in ‘n blik druk en ons weet dat die volgende twee dae se hokkie wedstryde ‘n Dawid en Goliat storie is. Dit is ‘n geval van “we see your one Astro and we raise you two.” Geen oorwinning gaan vir ons gegee word nie. Die oorwinning wat ons o.18 A’s vroeër vanjaar oor Gim gekry het, is ‘n gelukkige herinnering om te hê, maar dit kan op ons boemerang. Ons sit nou met die spreekwoordelike gekwesde bul wat reg is vir ons en ons graag sal wil gaffel as dit kan. Sjoe! Elca Zulch sal haar span moet kalm hou en amper soos Maximus in Gladiator moet saamroep met die woorde: “If we stay (stand) together, we will survive.”

Gelukkig weet Elca om mense te inspireer. Sy is nie verniet op die GK nie. Sy was ‘n bondel positiwiteit toe ek met haar gepraat het. Sy sien so uit na die wedstryd saam met haar spanmaats. Dit was vir haar ‘n onvergeetlike seisoen met baie hoogtepunte en heerlik om haar skoolloopbaan in so ‘n span af te sluit. Sy het genoem dat haar span ‘n baie jongspan is en dat dit verskil van die span waarin sy verlede jaar gespeel het. Jonges is mos meer vreesloos. Sy glo vas in hierdie vars bloed en “back die youngsters” al die pad. Toe ek vra watter jongeling is vir haar die beste, het sy geweier om so verdelende vraag te beantwoord. ‘n Toonbeeld van spanwerk, spangees en spanlojaliteit. Volgens haar is die sleutel om te wen om jou hokkie te geniet en hokkie goed te speel.

Me. Anri Keevey, die afrigter van die o.18A hokkiespan eggo daardie sentiment. Ek het haar gevra of sy gelukkig is met haar span se voorbereiding vir interskole. Me. Keevey is nie ‘n persoon wat doekies omdraai of een vir gevleuelde woorde nie. Volgens haar was die pad tot hier, haar span se voorbereiding en dit was altyd ‘n opdraende stryd, maar haar span het telkens meer gegee as wat sy kon verwag. Toe ek haar vra na haar “game plan” het sy net ‘n wenkbrou gelig en gesê: “Ons game plan is om te bly doen wat ons goed doen.” Ek het Me. Keevey gevra in watter wedstryd hierdie seisoen het haar span dit wat sy more op die veld wil sien, weerspieël. Dit was moeilik om presies te sê, maar sy en Me. Scheepers het saamgestem dit moes die wedstryd teen Eunice by St. Mary’s gewees het. 

Die seisoen met haar span was duidelik een om te onthou, want Me. Keevey en Scheepers het talle oomblikke gehad om oor te gons. Die eenparige gevoel is as hierdie o.18 A span tot hulle sterkpunte speel en bewusbly van die spel en die oomblik sal hulle wen. Ja, Gim is gewond, Me. Scheepers lag en sê, maar hulle het vir Heike die Leeu wat weer môre op haar stukke moet wees. Ek was so bietjie in die war met die aanhoor van hierdie binnekring grappie, maar dit gee my die idee dat hierdie ‘n gelukkige span is wat hul afrigters vertrou.

Ek het sommer die geleentheid gebruik om Me. Keevey te vra oor die toekoms van hokkie in Girls’ High. Sy het geantwoord dat sy tans werk met fantastiese kinders wat hul alles gee. As hokkie in Girls’ High uitgebou moet word om super kompeterend te wees, sal ons moet superspelers trek. Sy voeg toe ‘n sin by wat my in trane gehad het: “As ek egter gevra word of ek die fantastiese kinders wat ek tans het, sal inruil vir superspelers, dan sal my antwoord ‘n onomwonde NEE wees.” Dit is Girls’ High waar elke speler se potensiaal ontwikkel word.

Ja, ons weet nou nie wat môre gaan gebeur nie - net die oomblik sal dit onthul. Ons moet soos in Kringe in ‘n Bos versigtig wees om die Ou Pote wakker te maak en wegbly van die blou bokkie se gal. Girls’ High moet môre op die veld draf en Girls’ High wees: Dankbaar, nederig en entoesiasties.

Elca ons sien uit om te sien wat julle môre gaan doen - verras ons!


Comments

Popular Posts

Hoe sitplekke jou staanplek in die lewe weerspieël.

Hoe sitplekke jou staanplek in die lewe weerspieël. - Kontroversieel - Sjoe! Wat ‘n dag was gister nie vir Hoër Meisieskool en die meisies van Paarl Gimnasium nie. Beide skole het mooi oorwinnings gehad en ‘n paar oog-toe-maak verlore. Ek gaan nie nou uitbrei oor die wedstryde, die atmosfeer of selfs die verversings nie. Daar gaan nog deur die dag vars berigte daaroor volg. Gister was daar te midde van die mooi en die kompetisie tog ‘n element wat nie anders kon as om te krap aan die wese van ‘n vrou nie, en dit is die sitplek. Ja, ek kan nie anders as om myself te vra hoe die beskikbaarheid van sitplek by vrouesporte, vroue se staanplek in die samelewing weerspieël nie? Gister is daar plofbare Netbal gespeel. Gim se spelers het hul harte uitgespeel en in baie gevalle so ‘n asemrowende vertoning op die baan gesit. Die meisies en ouers van Paarl Gim wou tog sekerlik hierdie vertoning in persoon kon besigtig, maar daar was nie plek nie. HMS se spelers moes aanpas en moedhou teen die aans

A last hurrah for Interschools 2023

A last hurrah for Interschools 2023! By Abigail Combrinck, Phia Heydenreich and Annemay Schade. With these parting words the writers and Editorial team of the Paarl Girls' High Interschools '23 Blog leave you. It was an absolute pleasure to report on the daily events, to get excited about games to come and reflect on the deeper meaning of Interschools for us. We thank our writers Isabella Groenewald, Chane van Zyl, Mira van Niekerk, Luca Yelverton, Hanah Malan, Karla Joubert and Mrs. Swart for making the blog possible this year. Please visit us again if you just want to relive a moment! Foto: EJ Lang When the high school gathered in front of the main building on Monday morning, all of our hearts were heavy. The feeling of anti-climax after such an exciting week is one of the worst feelings. Despite your tired body and burning throat, you wish you could relive the hustle and bustle of Interschool week. In the Interschools week, something new happens every day and every hour: and

‘n Buitengewone Spanbou: Hande vat met Samaritan's Feet

‘n Buitengewone Spanbou: Hande vat met Samaritan's Feet Deur Annemay Schade Interskole is daardie tyd van die jaar waar elke leerder se fokus op skooltrots gerig is en hul visie na die buitewêreld begrens is. Al wat jy lééf is jou skool, geesvang en die in dril van spelpatrone. Dit kom nooit eers in jou gedagtes dat jy jouself in lugbel bevind wat só ver verwyder is van ander se realiteit nie.  Die tweede hokkiespan van HMS het egter, en ek dink dit is ‘n eerste, ons spanbousessie gebruik om uit te reik na ander. Ons het hande gevat met Samaritan’s Feet.  Ons het eerder as klets en pizza eet, ons brose menslikheid ontdek deur, deur ons interskole wedstryd en liefde vir die sport, liefde aan ander te bewys. Ons is na die Ikamva Foundation in Mbekweni waar ons as deel van die Samaritan’s Feet Projek en Goals fo Life ‘n klein verskilletjie probeer maak het in die lewens van kinders wat in hierdie wintermaande nie die voorreg het om warm sokkies en skoene aan hul voete te dra nie. Gewa