Skip to main content

‘n Buitengewone Spanbou: Hande vat met Samaritan's Feet

‘n Buitengewone Spanbou: Hande vat met Samaritan's Feet

Deur Annemay Schade

Interskole is daardie tyd van die jaar waar elke leerder se fokus op skooltrots gerig is en hul visie na die buitewêreld begrens is. Al wat jy lééf is jou skool, geesvang en die in dril van spelpatrone. Dit kom nooit eers in jou gedagtes dat jy jouself in lugbel bevind wat só ver verwyder is van ander se realiteit nie. 

Die tweede hokkiespan van HMS het egter, en ek dink dit is ‘n eerste, ons spanbousessie gebruik om uit te reik na ander. Ons het hande gevat met Samaritan’s Feet.  Ons het eerder as klets en pizza eet, ons brose menslikheid ontdek deur, deur ons interskole wedstryd en liefde vir die sport, liefde aan ander te bewys. Ons is na die Ikamva Foundation in Mbekweni waar ons as deel van die Samaritan’s Feet Projek en Goals fo Life ‘n klein verskilletjie probeer maak het in die lewens van kinders wat in hierdie wintermaande nie die voorreg het om warm sokkies en skoene aan hul voete te dra nie.

Gewapen met handskoene, wet wipes, splinternuwe pare sokkies en skoene het ons, ons troepe ingespan om 'n verskil te maak. Ons het een-tot-een tyd met mense spandeer wat ons andersins nie sou ontmoet nie. Ons het klein Ominathi wat skaars 5 maande oud is ontmoet en gesels met Tannie Ester wat al in haar sprankelende sestigs is.  Ons het hul voete gewas, nes Jesus destyds sy dissipels se voete gewas het, en elkeen het 'n splinternuwe paar sokkies ontvang.  Dit was egter vir ons ervaring van diepe nederigheid en diens. Hul stories, die kinders se drome vir hul toekoms en die saamlag het ons in daardie oomblik saamgebind en ons opnuut met hoop gevul vir ‘n toekoms sonder grens. 

Die kinderlike opgewondenheid oor ballonne, kolwyntjies en drukkies uitdeel het ons weereens laat besef in watter bevoorregte posisie ons is. Nitida het kolwyntjies aan jubelende kinders uitgedeel, Tatum het kinders op haar rug geabba, Lana het spesialiseer in drukkies uitdeel, Minke was ‘n uitmuntende voet masseerder. Hierdie is  die goudwerd oomblikke wat slegs kan ervaar word indien daar gewaag word om ‘n selflose ervaring te hê en ander te ontmoet waar hulle is. Hierdie uur, hierdie sestig minute het beide ons en hul lewens geraak.

Hierdie buitengewone spanbou het ons span op ‘n unieke manier saamgebind. Dit het ons bewus gemaak van die lugbel waarin ons leef. Ons diep nederig en dankbaar gemaak vir die voorregte wat ons geniet. Dit het my egter met die wesensvraag gelaat, "waarom word om ander te dien nie as 'n daaglikse gewoonte gekweek nie?"



Ondersteun asseblief die Goals of Life en Samaritan Feet Projek waaraan HMS Paarl deelneem. Klik op die onderstaande skakel en maak 'n verskil.




Comments

Popular Posts

Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:

  Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:  by Karla Joubert Some describe her as the best player they have seen in a long time. Others say she plays effortlessly and it is as if she simply plucks the ball out of the air. Where others rush she simply moves with time distributing the ball to all her teammates. She is of course Kyla Dames.  We asked Kyla some questions that we are sure our readers are burning to know, as well as offering some of her advice and expectations for what lies ahead regarding the upcoming interschools game.  Karla : What role do you play as captain? Kyla : I don't feel as if I play a specific role. I rather offer support to my team and try to bring out the best in them.  Karla : What makes netball such a special sport to you ? Kyla : Netball is very special. The sport itself is really amazing and a good netball game is definitely one of the best games to watch. Netbal allowed me to meet so many people and form some of m...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag.

  Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag. ‘n Derby-dag, soos interskole is ‘n wonderlike ding. Dit is ‘n dag waarna die skool heeljaar uitsien net om vir hul opponente te wys wie is nou eintlik die beter skool. Die leerders gaan gewoonlik bos met die geleentheid en van die ouers trek heeltemal in die oerwoud in. Afrigters of breiers soos hulle in ou Afrikaans bekend gestaan het, bearbei hul spanne en smeek hulle om kalm te bly, want as derby dag waansin eers deur jou span ingeasem word dan kan dinge op vele maniere skeef loop… Ek is ‘n onderwyserskind en het langs die sportveld groot geword. As kind kan ek derby-dae of interskoles net onthou vir die ewigdurende 60 minute van die eerste hokkiespan wedstryd voor ek my gesig kon gaan taai maak met spookasem en stroop-vetkoeke. Soos ek ouer geraak het, het die dag natuurlik ander betekenis gekry. Ek het self gespeel in daardie eerste span. Die reuk van deepheat en gemufde shinpads het altyd om jou en jou spanmaats gehang. Jo...