Skip to main content

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

 Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

Deur Luca Yelverton


Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak.

Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesiale en onvergeetlike ervaring gewees. Dit is ook my  eerste jaar van skaak speel, so ek gaan my verlies aanvaar en harder werk vir die volgende wedstryd.

Daar was leerders en onderwysers wat gewonder het oor die feit dat ons gemeng gespeel het teen seuns en dogters. Ek was baie gemaklik daarmee. Die positiefste deel van skaak is dat dit oor mens se verstand gaan. Die sport word nie aan ouderdom of geslag gekoppel nie.

Die lokaal waarin ons gespeel het was tjoepstil. Almal het slegs op hulle skaakborde konsentreer. Dit was persoonlik vir my motiverend om te sien hoe goed die res van die HMS - skaakspan was. 

Dit was regtig ‘n belewenis om deel van interskole te kon wees en bonop om die voorreg te kon hê om te kon speel. Al die spelers het hulle harte uitgespeel, maar daar was tog ‘n paar uitblinkers. Amelia Minnaar, Gracie-Rose Jeppe en Talitha van Lill was die spelers wat hulle opponente in skaakmat gesit het. Anja Fabricius, Lielie Bester en Hannah Visser het gelykop geeindig. 

Tot volgende jaar. Dan kan ons ook miskien sê: “I came, I saw and I conquered.”



Comments

Popular Posts

Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat!

  Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat! Sjoe! Ek is opgewonde oor die o.18 A hokkiewedstryd. ‘n Jong span en ‘n nuwe jaar. Hulle ken nie vrees nie en hulle speel vir mekaar. Dit is wat almal sê van hierdie spannetjie. Hierdie spannetjie het ‘n goeie jaar gehad en hulle moes deurgaans vegtersgees wys vanaf hul toernooi vroeër vanjaar by St Mary’s in Pretoria. In elke wedstryd teen elke top gerangeerde span het hulle ons verras. Hulle kan nie in ‘n blik gedruk word nie.  Kom ons wees eerlik dat in die Paarl wil mense graag HMS hokkie in ‘n blik druk en ons weet dat die volgende twee dae se hokkie wedstryde ‘n Dawid en Goliat storie is. Dit is ‘n geval van “we see your one Astro and we raise you two.” Geen oorwinning gaan vir ons gegee word nie. Die oorwinning wat ons o.18 A’s vroeër vanjaar oor Gim gekry het, is ‘n gelukkige herinnering om te hê, maar dit kan op ons boemerang. Ons sit nou met die spreekwoordelike gekwesde bul wat reg is vir ons en ons graag sa...

Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:

  Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:  by Karla Joubert Some describe her as the best player they have seen in a long time. Others say she plays effortlessly and it is as if she simply plucks the ball out of the air. Where others rush she simply moves with time distributing the ball to all her teammates. She is of course Kyla Dames.  We asked Kyla some questions that we are sure our readers are burning to know, as well as offering some of her advice and expectations for what lies ahead regarding the upcoming interschools game.  Karla : What role do you play as captain? Kyla : I don't feel as if I play a specific role. I rather offer support to my team and try to bring out the best in them.  Karla : What makes netball such a special sport to you ? Kyla : Netball is very special. The sport itself is really amazing and a good netball game is definitely one of the best games to watch. Netbal allowed me to meet so many people and form some of m...

Ode to our Matrics of '23 - The Final Countdown

Ode to our Matrics of '23 - The Final Countdown   by Hannah Malan As the Matrics are approaching the final countdown of their high school years, they are grabbing the bull by the horns by taking every opportunity that comes their way. A group of friends created a netball team on the first of August to play Interschools on the fourth of August. Most of the team had not played netball since primary school and joined the team for the fun of it. They asked one of their friends, who unfortunately cannot play netball anymore, to coach their last-minute team. Zemke Lombard coached one practice before the team was ready to play. The team played with enthusiasm and passion a week after they were formed. They achieved a surprisingly near loss against the Paarl Gymnasium u.19D team. There are many Matrics who partook in both netball and hockey this year to experience the full Interschools feeling for the last time. The countdown on their final year of high school keeps ticking yet they are fi...