Skip to main content

Drome wat verbrokkel voor jou oë: ‘n Onderhoud met Van Heerden Pretorius.

 Drome wat verbrokkel voor jou oë: ‘n Onderhoud met Van Heerden Pretorius.

deur Mira-Ann van Niekerk

Interskole is ‘n drie-skool geleentheid: Hoër Meisieskool Paarl, Hoër Jongenskool Paarl en Hoërskool Paarl Gimnasium. Vir die week van Interskool is HMS en HJS een familie, susters en broers teen hul opponente in die Noorde. Interskole-week bestaan uit netbal, hokkie, skaak, rugby en nog meer wat gespeel word. By HMS loop die netbal en hokkie opwinding natuurlik oor, maar in die dorp bou die week op tot Saterdag se eerstespan wedstryd.


Ek het dus besluit om so paar vrae vir ons broerskool se eerstespan kaptein, Van Heerden Pretorius te vra. 

Van Heerden is ‘n interessante man om mee te gesels en hy ervaar vanjaar ‘n soortgelyke hartseer as wat ons eerstespan hokkie kapteine, Zanke Nell, verlede jaar ervaar het. Hulle het beide in die oploop na interskole hulle kakebeen gebreek en is gevolglik die voorreg om deel te neem aan hierdie spesiale geleentheid verbeur.  


 1. Van Heerden, interskole lê voor en jy is die eerstespan kaptein, maar jy het jou kakebeen gebreek. So wat nou? Kan ons verwag om jou op die veld te sien? 


 Ja, ek het ongelukkig in die Craven-week finaal my kaak gebreek, maar sover lyk my kanse goed. Die dokter is positief so daar is darem hoop.


2. Wat het deur jou kop gegaan toe jy hoor jou kakebeen is gebreek 'n paar weke voor interskole? 


Ek was natuurlik baie emosioneel, want ek het nie gedink ek het 'n kans gehad om te kan speel nie. Dis ‘n pyn wat woorde nie kan beskryf nie. Interskole is my droom. Ek het nie hard gewerk vir ‘n kontrak of so iets nie ek wou net op Faurestraat uitdraf.


3. Kom ons draai nie doekies om nie. Boishaai se laaste paar rygbywedstryde het nie  juis té goed afgeloop nie. Hoe voel julle oor hierdie groot wedstryd wat voorlê ?


Die seisoen was moeilik vir ons gewees, maar alles waardeur ons was voel ek het ons gemaak tot wat ons nou is en dis ‘n span wat iets het om te bewys dié Saterdag.


4. Jy is nou in matriek. Dit is jou laaste interskole as 'n speler. Wat gaan jy doen om te verseker dat dit  ekstra spesiaal is?


 Gelukkig is daar niks wat ek wil doen nie, want alles wat dié week gebeur is klaar oorgenoeg en ek weet dit gaan onvergeetlik wees.


5. Watter boodskap het jy vir jou span en ondersteuners?


Aan my span wil ek net sê: Al het die jaar nie soos beplan afgeloop nie,  het ons 'n laaste kans saam as 'n span om mense te inspireer en drieë te druk vir die Here. En aan die ondersteuners, dankie dat julle deur duk en dun agter ons gestaan het. Ons waardeer julle verskriklik.


6. Om af te sluit, wil jy nie 'n kans waag en die eindtelling voorspel nie?


As ek moes raai sou ek se 14-13 vir BHS.


Die storie van Van Heerden, soos ons kapteine van verlede jaar is die storie van sport en van die lewe. Dikwels werk mens so hard vir een doel en kom so naby net om dit te sien verbrokkel voor jou oë. Dit maak seer om ander te sien uithardloop op daardie veld en nie jy nie. Tog, moet mens nie moed verloor nie, want dikwels leer jy iets belangriker op daardie ondersteunersbankie wat jou nog baie gaan baat in jou toekomstige sport loopbaan.


Ons dink aan Van Heerden en HJS en hou saam duimvas dat Saterdag se wedstryd wel ‘n naelbyt geleentheid is en dat telbord sag is op ons broers in blou.


Comments

Popular Posts

Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer

  Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer deur Chane van Zyl Foto: EJ Lang Gim se hekke wemel van voete wat in en uit beweeg. Dis 'n gonsende bynes van opwinding en verwagting wat in die lug hang. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Dit is INTERSKOLE! Met 'n hart vol liefde en nostalgie neem ek die geleentheid waar om die dag te deel met my geliefde vriendinne. Ons loop saam langs die veld, die herinneringe van ons avonture en oomblikke van vreugde en verdriet deelend. Ons praat oor ons drome en hoop vir die toekoms, terwyl ons weet dat hierdie oomblikke ons altyd sal verbind, selfs al skei ons paaie eendag. Die geur van vars grasperk vul die lug, en ek kan nie anders as om die oomblik te koester nie. Ek neem 'n oomblik om om my te kyk en al die gelukkige gesigte te sien. Ons meisies het ons verskillende belange en talente, maar vandag is ons almal een - een skool, een gemeenskap, een familie. Die wedstryde vorder, en ek voel die adrenalien in my are pomp. ...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

A last hurrah for Interschools 2023

A last hurrah for Interschools 2023! By Abigail Combrinck, Phia Heydenreich and Annemay Schade. With these parting words the writers and Editorial team of the Paarl Girls' High Interschools '23 Blog leave you. It was an absolute pleasure to report on the daily events, to get excited about games to come and reflect on the deeper meaning of Interschools for us. We thank our writers Isabella Groenewald, Chane van Zyl, Mira van Niekerk, Luca Yelverton, Hanah Malan, Karla Joubert and Mrs. Swart for making the blog possible this year. Please visit us again if you just want to relive a moment! Foto: EJ Lang When the high school gathered in front of the main building on Monday morning, all of our hearts were heavy. The feeling of anti-climax after such an exciting week is one of the worst feelings. Despite your tired body and burning throat, you wish you could relive the hustle and bustle of Interschool week. In the Interschools week, something new happens every day and every hour: and...