Skip to main content

Hoe sitplekke jou staanplek in die lewe weerspieël.

Hoe sitplekke jou staanplek in die lewe weerspieël.

- Kontroversieel -


Sjoe! Wat ‘n dag was gister nie vir Hoër Meisieskool en die meisies van Paarl Gimnasium nie. Beide skole het mooi oorwinnings gehad en ‘n paar oog-toe-maak verlore. Ek gaan nie nou uitbrei oor die wedstryde, die atmosfeer of selfs die verversings nie. Daar gaan nog deur die dag vars berigte daaroor volg. Gister was daar te midde van die mooi en die kompetisie tog ‘n element wat nie anders kon as om te krap aan die wese van ‘n vrou nie, en dit is die sitplek. Ja, ek kan nie anders as om myself te vra hoe die beskikbaarheid van sitplek by vrouesporte, vroue se staanplek in die samelewing weerspieël nie?


Gister is daar plofbare Netbal gespeel. Gim se spelers het hul harte uitgespeel en in baie gevalle so ‘n asemrowende vertoning op die baan gesit. Die meisies en ouers van Paarl Gim wou tog sekerlik hierdie vertoning in persoon kon besigtig, maar daar was nie plek nie. HMS se spelers moes aanpas en moedhou teen die aanslae op ‘n ander se tuisgrond. As jy egter op ‘n ander se tuisgrond speel, wil jy die ondersteuning van jou mede-leerders hê. Dit was ook onmoontlik, want daar was nie plek nie. Ek kan niemand kwalik neem vir hierdie fenomeen nie, want Gimnasium het hul bes probeer om sitplek te skep. Ek gaan veel dieper om die wortel van die kwaad te vind. Die geweldig pawiljoene voor die rugbyveld het my ‘n leidraad na die wortel van die kwaad gegee.

In Suid-Afrika en beslis in die Paarl in dae van weleer (en eintlik nog tot baie onlangs) het manssporte baie aandag geniet. Vir lank het mense net aan Interskole gedink as ‘n kompetisie tussen die seuns van Paarl Gimnasium en Hoër Jongenskool Paarl. Ek het egter nuus vir hulle. Die hoof rugby wedstryd kry miskien die dansers, ballonne en drumline, maar as ‘n mens soek vir die sogenaamde “fast pace” aksie en onvoorspelbare en lewendige kompetisie, vind mens dit definitief by die netbal en gister se hokkie. Hierdie wedstryde loop sonder om te stop om ‘n skrum in plek te sit of vir die speler van die agterlyn om weer by te kom. Die oorweldigende skare wat gister by die o.18A netbal wedstryd was, is ‘n getuienis van ‘n skuif in belangstellng, of ten minste net die groeiende gewildheid van vrouesporte.

So gepraat van die o.18 A netbal wedstryd. Daar was nie plek vir ‘n muis nie en sommige leerders het selfs by die rame van die tydelike pawiljoene opgeklim om net te kon sien wat op die baan aangaan (nie juis veilig nie). Diegene wat net nie kon in pas nie, het wel die opsie gehad om die wedstryd te livestream oor Supersport, waar alles ‘n minuut later afspeel as wat dit afspeel. Jy hoor die geskree van die skare, net om ‘n minuut later te sien waaroor dit gegaan het. Waar het jy nou al gehoor dat ‘n skoolleerder nie plek het om hulle eie wedstryde te ondersteun nie? Die kwessie van ruimte vir ondersteuners by netbal is een wat beide skole, HMS en Gim, uitdaag, maar dit is ook weer eens ‘n getuienis van die belangrikheid van hierdie wedstryde binne die dinamika van Interskole. Interskole is inderdaad nie meer gelyk aan rugby nie, dit is veel groter!

Die hokkie het gister meer sitplek opsies gebied, maar ek skat net omdat seuns ook hokkie speel. In vergelyking met die grote van die pawiljoene by die rugbyveld is dit steeds ‘n stiefkind. ‘n Klomp mans mag hul wenkbroue nou lig en sê dat rugby ‘n ikoniese nasionale sport is en dit is te verwagte. Dit is so, mens kan nie die impak van die groter Suid-Afrikaanse konteks weg redeneer nie, maar as die dinamika van Interskole iets vir die nasionale konteks sê, is dit dat hulle hul oë moet begin oopmaak en besef dat in ons skole, in ons dorpe en in ons land (neem die wêreldbeker netbal in ag) is daar ‘n groeiende belangstelling in vroue in sport. Vroue eis hulle staanplek in nasionale en internasionale sport op. Dit is nodig om visioenêr te wees en te verseker dat by Interskole daar genoeg sitplek vir leerders en toeskouers is om hierdie lewendige en opwindende sporte te kan ondersteun.

Skole is ‘n refleksie van die gemeenskappe waarin hulle staan. Die hoeveelheid sitplek wat jy by ‘n geleentheid gebied word, is ongelukkig ook ‘n weerspieëling van jou belangrikheid en staanplek in die samelewing. Tradisioneel is die hooffokus van Interskole daardie rugby wedstryd op Faurestraat en dít bly spesiaal. Ons bly egter in ‘n veranderende samelewing waarin gelykheid onderskryf word. Interskole is ‘n spesiale geleentheid waarin ‘n broer en suster skool kompeteer en teen die spreekwoordelike broers en susters van ‘n gekombineerde skool. Kom ons gee hul almal ewe veel status en sitplek om die tafel!




Comments

Popular Posts

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

Dik Vibe

  Dik vibe  by Isabella Groenewald During Big Brag, a new teacher at our school, Ms Fouché, was put on the spot and asked to describe Interschools. Her answer summed up Interschools in two words and left the crowd cheering: Dik vibe. The first layer of the Interschools vibe takes place amongst school learners. You paint people’s faces you’ve barely held a conversation with. You borrow hair ties and ribbons from random people so one of the unofficial, underpaid Girls’ High stylists can braid your hair. You cheer unfamiliar names next to the sports field, regardless of if you know them or not, because they are part of your school. The dik Interschools vibe creates a form of nationalist pride in your school and reinforces the existing sisterhood we have in Girls’ High.  The second layer of Interschools vibe is the town of Paarl. During Interschools week, you have to colour coordinate your outfits to the school you support. You decorate your house in the school's colours, and...

‘n Buitengewone Spanbou: Hande vat met Samaritan's Feet

‘n Buitengewone Spanbou: Hande vat met Samaritan's Feet Deur Annemay Schade Interskole is daardie tyd van die jaar waar elke leerder se fokus op skooltrots gerig is en hul visie na die buitewêreld begrens is. Al wat jy lééf is jou skool, geesvang en die in dril van spelpatrone. Dit kom nooit eers in jou gedagtes dat jy jouself in lugbel bevind wat só ver verwyder is van ander se realiteit nie.  Die tweede hokkiespan van HMS het egter, en ek dink dit is ‘n eerste, ons spanbousessie gebruik om uit te reik na ander. Ons het hande gevat met Samaritan’s Feet.  Ons het eerder as klets en pizza eet, ons brose menslikheid ontdek deur, deur ons interskole wedstryd en liefde vir die sport, liefde aan ander te bewys. Ons is na die Ikamva Foundation in Mbekweni waar ons as deel van die Samaritan’s Feet Projek en Goals fo Life ‘n klein verskilletjie probeer maak het in die lewens van kinders wat in hierdie wintermaande nie die voorreg het om warm sokkies en skoene aan hul voete te dra nie....