Skip to main content

Hoe sitplekke jou staanplek in die lewe weerspieël.

Hoe sitplekke jou staanplek in die lewe weerspieël.

- Kontroversieel -


Sjoe! Wat ‘n dag was gister nie vir Hoër Meisieskool en die meisies van Paarl Gimnasium nie. Beide skole het mooi oorwinnings gehad en ‘n paar oog-toe-maak verlore. Ek gaan nie nou uitbrei oor die wedstryde, die atmosfeer of selfs die verversings nie. Daar gaan nog deur die dag vars berigte daaroor volg. Gister was daar te midde van die mooi en die kompetisie tog ‘n element wat nie anders kon as om te krap aan die wese van ‘n vrou nie, en dit is die sitplek. Ja, ek kan nie anders as om myself te vra hoe die beskikbaarheid van sitplek by vrouesporte, vroue se staanplek in die samelewing weerspieël nie?


Gister is daar plofbare Netbal gespeel. Gim se spelers het hul harte uitgespeel en in baie gevalle so ‘n asemrowende vertoning op die baan gesit. Die meisies en ouers van Paarl Gim wou tog sekerlik hierdie vertoning in persoon kon besigtig, maar daar was nie plek nie. HMS se spelers moes aanpas en moedhou teen die aanslae op ‘n ander se tuisgrond. As jy egter op ‘n ander se tuisgrond speel, wil jy die ondersteuning van jou mede-leerders hê. Dit was ook onmoontlik, want daar was nie plek nie. Ek kan niemand kwalik neem vir hierdie fenomeen nie, want Gimnasium het hul bes probeer om sitplek te skep. Ek gaan veel dieper om die wortel van die kwaad te vind. Die geweldig pawiljoene voor die rugbyveld het my ‘n leidraad na die wortel van die kwaad gegee.

In Suid-Afrika en beslis in die Paarl in dae van weleer (en eintlik nog tot baie onlangs) het manssporte baie aandag geniet. Vir lank het mense net aan Interskole gedink as ‘n kompetisie tussen die seuns van Paarl Gimnasium en Hoër Jongenskool Paarl. Ek het egter nuus vir hulle. Die hoof rugby wedstryd kry miskien die dansers, ballonne en drumline, maar as ‘n mens soek vir die sogenaamde “fast pace” aksie en onvoorspelbare en lewendige kompetisie, vind mens dit definitief by die netbal en gister se hokkie. Hierdie wedstryde loop sonder om te stop om ‘n skrum in plek te sit of vir die speler van die agterlyn om weer by te kom. Die oorweldigende skare wat gister by die o.18A netbal wedstryd was, is ‘n getuienis van ‘n skuif in belangstellng, of ten minste net die groeiende gewildheid van vrouesporte.

So gepraat van die o.18 A netbal wedstryd. Daar was nie plek vir ‘n muis nie en sommige leerders het selfs by die rame van die tydelike pawiljoene opgeklim om net te kon sien wat op die baan aangaan (nie juis veilig nie). Diegene wat net nie kon in pas nie, het wel die opsie gehad om die wedstryd te livestream oor Supersport, waar alles ‘n minuut later afspeel as wat dit afspeel. Jy hoor die geskree van die skare, net om ‘n minuut later te sien waaroor dit gegaan het. Waar het jy nou al gehoor dat ‘n skoolleerder nie plek het om hulle eie wedstryde te ondersteun nie? Die kwessie van ruimte vir ondersteuners by netbal is een wat beide skole, HMS en Gim, uitdaag, maar dit is ook weer eens ‘n getuienis van die belangrikheid van hierdie wedstryde binne die dinamika van Interskole. Interskole is inderdaad nie meer gelyk aan rugby nie, dit is veel groter!

Die hokkie het gister meer sitplek opsies gebied, maar ek skat net omdat seuns ook hokkie speel. In vergelyking met die grote van die pawiljoene by die rugbyveld is dit steeds ‘n stiefkind. ‘n Klomp mans mag hul wenkbroue nou lig en sê dat rugby ‘n ikoniese nasionale sport is en dit is te verwagte. Dit is so, mens kan nie die impak van die groter Suid-Afrikaanse konteks weg redeneer nie, maar as die dinamika van Interskole iets vir die nasionale konteks sê, is dit dat hulle hul oë moet begin oopmaak en besef dat in ons skole, in ons dorpe en in ons land (neem die wêreldbeker netbal in ag) is daar ‘n groeiende belangstelling in vroue in sport. Vroue eis hulle staanplek in nasionale en internasionale sport op. Dit is nodig om visioenêr te wees en te verseker dat by Interskole daar genoeg sitplek vir leerders en toeskouers is om hierdie lewendige en opwindende sporte te kan ondersteun.

Skole is ‘n refleksie van die gemeenskappe waarin hulle staan. Die hoeveelheid sitplek wat jy by ‘n geleentheid gebied word, is ongelukkig ook ‘n weerspieëling van jou belangrikheid en staanplek in die samelewing. Tradisioneel is die hooffokus van Interskole daardie rugby wedstryd op Faurestraat en dít bly spesiaal. Ons bly egter in ‘n veranderende samelewing waarin gelykheid onderskryf word. Interskole is ‘n spesiale geleentheid waarin ‘n broer en suster skool kompeteer en teen die spreekwoordelike broers en susters van ‘n gekombineerde skool. Kom ons gee hul almal ewe veel status en sitplek om die tafel!




Comments

Popular Posts

Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat!

  Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat! Sjoe! Ek is opgewonde oor die o.18 A hokkiewedstryd. ‘n Jong span en ‘n nuwe jaar. Hulle ken nie vrees nie en hulle speel vir mekaar. Dit is wat almal sê van hierdie spannetjie. Hierdie spannetjie het ‘n goeie jaar gehad en hulle moes deurgaans vegtersgees wys vanaf hul toernooi vroeër vanjaar by St Mary’s in Pretoria. In elke wedstryd teen elke top gerangeerde span het hulle ons verras. Hulle kan nie in ‘n blik gedruk word nie.  Kom ons wees eerlik dat in die Paarl wil mense graag HMS hokkie in ‘n blik druk en ons weet dat die volgende twee dae se hokkie wedstryde ‘n Dawid en Goliat storie is. Dit is ‘n geval van “we see your one Astro and we raise you two.” Geen oorwinning gaan vir ons gegee word nie. Die oorwinning wat ons o.18 A’s vroeër vanjaar oor Gim gekry het, is ‘n gelukkige herinnering om te hê, maar dit kan op ons boemerang. Ons sit nou met die spreekwoordelike gekwesde bul wat reg is vir ons en ons graag sa...

Ode to our Matrics of '23 - The Final Countdown

Ode to our Matrics of '23 - The Final Countdown   by Hannah Malan As the Matrics are approaching the final countdown of their high school years, they are grabbing the bull by the horns by taking every opportunity that comes their way. A group of friends created a netball team on the first of August to play Interschools on the fourth of August. Most of the team had not played netball since primary school and joined the team for the fun of it. They asked one of their friends, who unfortunately cannot play netball anymore, to coach their last-minute team. Zemke Lombard coached one practice before the team was ready to play. The team played with enthusiasm and passion a week after they were formed. They achieved a surprisingly near loss against the Paarl Gymnasium u.19D team. There are many Matrics who partook in both netball and hockey this year to experience the full Interschools feeling for the last time. The countdown on their final year of high school keeps ticking yet they are fi...

Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:

  Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:  by Karla Joubert Some describe her as the best player they have seen in a long time. Others say she plays effortlessly and it is as if she simply plucks the ball out of the air. Where others rush she simply moves with time distributing the ball to all her teammates. She is of course Kyla Dames.  We asked Kyla some questions that we are sure our readers are burning to know, as well as offering some of her advice and expectations for what lies ahead regarding the upcoming interschools game.  Karla : What role do you play as captain? Kyla : I don't feel as if I play a specific role. I rather offer support to my team and try to bring out the best in them.  Karla : What makes netball such a special sport to you ? Kyla : Netball is very special. The sport itself is really amazing and a good netball game is definitely one of the best games to watch. Netbal allowed me to meet so many people and form some of m...