Skip to main content

VOORWOORD

Groen krioel binneaars soos harte vir Interskole klop .             

Annemay Schade

Herinneringe aan Interskole 2022

Dit is tyd. Groen oorheers vir die volgende week - en dis nie beperk tot wat die oog kan waarneem nie. Groen krioel binneaars, want óns harte klop Interskole. 

Hoe raak 'n mens bewus van elke onvervangbare oomblik tussendeur die warboel van geesvang, stem verloor, die get-go pace van dié week? 

Natuurlik is Interskole ongetwyfeld die ALL CAPS, GEHIGHLIGHT gebeurtenis op elke Girls' Higher se kalender. Die tuimeltrein van emosie is enig in sy soort, maar as matriekleerder word elke emosie verskerp deur die wete dat dit vir 'n laaste keer in skooldrag ervaar kan word, voor die skoolbaadjie vir 'n Old Girls' serp verruil word. 

Met verwagtinge wat 'n skamele druppel is in vergelyking met die realiteit van die gees oseaan, kan ons nie anders as bars van opwinding nie. My hoop is dat die kern oomblikke nie slegs die wendoel of oorwinnings is nie. Dis immers die samesyn wat Interskole 'n ontasbare belewenis maak. 

Ek onthou graad 8 se interskole wedstryd, ek het nie geweet wat presies Interskole behels nie, net dat dit GROOT is en ek moet uithaal en wys op die veld - toe ek vir die 2de keer die hokkiebal so ver misslaan dat ek net astro beskadig het, het my moed tot in my toks gesak - nietemin het die aanmoediging van my spanmaats my opnuut laat besef dat ek vir méér as net myself speel. Op die veld verteenwoordig ons 'n wapen wat jare se tradisie, susterskap en gees verteenwoordig. Dít is waarvoor ons speel. Die oomblikke wat nie vatplek met blote woorde kan kry nie. 

Dit is tyd. Groen oorheers vir die volgende week - en dis nie beperk tot wat die oog kan waarneem nie. Groen krioel binneaars, want óns harte klop Interskole.


Comments

Popular Posts

Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer

  Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer deur Chane van Zyl Foto: EJ Lang Gim se hekke wemel van voete wat in en uit beweeg. Dis 'n gonsende bynes van opwinding en verwagting wat in die lug hang. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Dit is INTERSKOLE! Met 'n hart vol liefde en nostalgie neem ek die geleentheid waar om die dag te deel met my geliefde vriendinne. Ons loop saam langs die veld, die herinneringe van ons avonture en oomblikke van vreugde en verdriet deelend. Ons praat oor ons drome en hoop vir die toekoms, terwyl ons weet dat hierdie oomblikke ons altyd sal verbind, selfs al skei ons paaie eendag. Die geur van vars grasperk vul die lug, en ek kan nie anders as om die oomblik te koester nie. Ek neem 'n oomblik om om my te kyk en al die gelukkige gesigte te sien. Ons meisies het ons verskillende belange en talente, maar vandag is ons almal een - een skool, een gemeenskap, een familie. Die wedstryde vorder, en ek voel die adrenalien in my are pomp. ...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

A last hurrah for Interschools 2023

A last hurrah for Interschools 2023! By Abigail Combrinck, Phia Heydenreich and Annemay Schade. With these parting words the writers and Editorial team of the Paarl Girls' High Interschools '23 Blog leave you. It was an absolute pleasure to report on the daily events, to get excited about games to come and reflect on the deeper meaning of Interschools for us. We thank our writers Isabella Groenewald, Chane van Zyl, Mira van Niekerk, Luca Yelverton, Hanah Malan, Karla Joubert and Mrs. Swart for making the blog possible this year. Please visit us again if you just want to relive a moment! Foto: EJ Lang When the high school gathered in front of the main building on Monday morning, all of our hearts were heavy. The feeling of anti-climax after such an exciting week is one of the worst feelings. Despite your tired body and burning throat, you wish you could relive the hustle and bustle of Interschool week. In the Interschools week, something new happens every day and every hour: and...