Skip to main content

VOORWOORD

Groen krioel binneaars soos harte vir Interskole klop .             

Annemay Schade

Herinneringe aan Interskole 2022

Dit is tyd. Groen oorheers vir die volgende week - en dis nie beperk tot wat die oog kan waarneem nie. Groen krioel binneaars, want óns harte klop Interskole. 

Hoe raak 'n mens bewus van elke onvervangbare oomblik tussendeur die warboel van geesvang, stem verloor, die get-go pace van dié week? 

Natuurlik is Interskole ongetwyfeld die ALL CAPS, GEHIGHLIGHT gebeurtenis op elke Girls' Higher se kalender. Die tuimeltrein van emosie is enig in sy soort, maar as matriekleerder word elke emosie verskerp deur die wete dat dit vir 'n laaste keer in skooldrag ervaar kan word, voor die skoolbaadjie vir 'n Old Girls' serp verruil word. 

Met verwagtinge wat 'n skamele druppel is in vergelyking met die realiteit van die gees oseaan, kan ons nie anders as bars van opwinding nie. My hoop is dat die kern oomblikke nie slegs die wendoel of oorwinnings is nie. Dis immers die samesyn wat Interskole 'n ontasbare belewenis maak. 

Ek onthou graad 8 se interskole wedstryd, ek het nie geweet wat presies Interskole behels nie, net dat dit GROOT is en ek moet uithaal en wys op die veld - toe ek vir die 2de keer die hokkiebal so ver misslaan dat ek net astro beskadig het, het my moed tot in my toks gesak - nietemin het die aanmoediging van my spanmaats my opnuut laat besef dat ek vir méér as net myself speel. Op die veld verteenwoordig ons 'n wapen wat jare se tradisie, susterskap en gees verteenwoordig. Dít is waarvoor ons speel. Die oomblikke wat nie vatplek met blote woorde kan kry nie. 

Dit is tyd. Groen oorheers vir die volgende week - en dis nie beperk tot wat die oog kan waarneem nie. Groen krioel binneaars, want óns harte klop Interskole.


Comments

Popular Posts

Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:

  Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:  by Karla Joubert Some describe her as the best player they have seen in a long time. Others say she plays effortlessly and it is as if she simply plucks the ball out of the air. Where others rush she simply moves with time distributing the ball to all her teammates. She is of course Kyla Dames.  We asked Kyla some questions that we are sure our readers are burning to know, as well as offering some of her advice and expectations for what lies ahead regarding the upcoming interschools game.  Karla : What role do you play as captain? Kyla : I don't feel as if I play a specific role. I rather offer support to my team and try to bring out the best in them.  Karla : What makes netball such a special sport to you ? Kyla : Netball is very special. The sport itself is really amazing and a good netball game is definitely one of the best games to watch. Netbal allowed me to meet so many people and form some of m...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag.

  Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag. ‘n Derby-dag, soos interskole is ‘n wonderlike ding. Dit is ‘n dag waarna die skool heeljaar uitsien net om vir hul opponente te wys wie is nou eintlik die beter skool. Die leerders gaan gewoonlik bos met die geleentheid en van die ouers trek heeltemal in die oerwoud in. Afrigters of breiers soos hulle in ou Afrikaans bekend gestaan het, bearbei hul spanne en smeek hulle om kalm te bly, want as derby dag waansin eers deur jou span ingeasem word dan kan dinge op vele maniere skeef loop… Ek is ‘n onderwyserskind en het langs die sportveld groot geword. As kind kan ek derby-dae of interskoles net onthou vir die ewigdurende 60 minute van die eerste hokkiespan wedstryd voor ek my gesig kon gaan taai maak met spookasem en stroop-vetkoeke. Soos ek ouer geraak het, het die dag natuurlik ander betekenis gekry. Ek het self gespeel in daardie eerste span. Die reuk van deepheat en gemufde shinpads het altyd om jou en jou spanmaats gehang. Jo...