Skip to main content

Die Laerskool Groot Brag gaan oor Groot Geesvang!

 Die Laerskool Groot Brag gaan oor Groot Geesvang!


n Mens weet dit is interskole as die dak van die skoolsaal lig soos die Laerskool op die Maandag van interskole week sing: Mango-mango, die Gimmies doen die tango.


Die Laerskool interskole het met luister afgeskop. Die saal was feestelik opgemaak in wit, blou en
jade. Die dogters het trots gesit met hulle hare mooi gevleg en ‘n nautilus tatoo op die linkerwang.

Elke span en leerder kry haar beurt om vorentoe te tree en aan almal te wys dat sy reg is vir die groot dag en die groot wedstryd. Alles hang van die regte opstapliedjie af. ‘n Span moet ‘n goeie opstapliedjie hê. Die opstapliedjie bind hulle saam as ‘n span. As hulle aanvanklik opstaan is elke spanlid nog in haar eie wêreld, maar die musiek gryp hulle aan om in gelid met die nodige “right stuff” houding by die gangetjie af te stap.


Natuurlik vermurwe elke mamma se hart as sy kyk na haar ou doggie wat voor op die verhoog staan. Die kapteine, skaars ‘n paar bakstene groot, vat die mikrofoon en begin die span bekendstel. Diegene wat lank met mamma geoefen het, onthou hulle woorde goed en eindig met die vasberade stelling: “Gimmies pas op, want ons gaan julle vanmiddag wys!” Daar is wel ander kapteines wat in ‘n oomblik van swakheid en verhoogangs die hele span se name vergeet het, Dit maak egter nie saak nie, want die menslikheid maak dit spesiaal.

Almal lag lekker vir die lawwe juffrouens se gees-video waarvan die inhoud geheim sal bly en wag in afwagting vir die voorstelling van die A-spanne. 


Natuurlik word daar bespiegel of hulle vanjaar gaan wen. Sekere kinders se name word meer as ander genoem. Dit wonder van Laerskool Big Brags is dat dit werklik net vir die pret is. Die woorde soos “Gimmies ons kom vir julle,” is net woorde. Die pret op laerskool lê in deelname. Soms gaan dit vir die ouers oor wen bo alles, maar nie vir die leerders nie. Interskole is geesvang en sports en jou ma se geld mors op gekerfde ys met gekleurde stroop op. 

Lekker man, lekker!!




Comments

Popular Posts

Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer

  Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer deur Chane van Zyl Foto: EJ Lang Gim se hekke wemel van voete wat in en uit beweeg. Dis 'n gonsende bynes van opwinding en verwagting wat in die lug hang. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Dit is INTERSKOLE! Met 'n hart vol liefde en nostalgie neem ek die geleentheid waar om die dag te deel met my geliefde vriendinne. Ons loop saam langs die veld, die herinneringe van ons avonture en oomblikke van vreugde en verdriet deelend. Ons praat oor ons drome en hoop vir die toekoms, terwyl ons weet dat hierdie oomblikke ons altyd sal verbind, selfs al skei ons paaie eendag. Die geur van vars grasperk vul die lug, en ek kan nie anders as om die oomblik te koester nie. Ek neem 'n oomblik om om my te kyk en al die gelukkige gesigte te sien. Ons meisies het ons verskillende belange en talente, maar vandag is ons almal een - een skool, een gemeenskap, een familie. Die wedstryde vorder, en ek voel die adrenalien in my are pomp. ...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

A last hurrah for Interschools 2023

A last hurrah for Interschools 2023! By Abigail Combrinck, Phia Heydenreich and Annemay Schade. With these parting words the writers and Editorial team of the Paarl Girls' High Interschools '23 Blog leave you. It was an absolute pleasure to report on the daily events, to get excited about games to come and reflect on the deeper meaning of Interschools for us. We thank our writers Isabella Groenewald, Chane van Zyl, Mira van Niekerk, Luca Yelverton, Hanah Malan, Karla Joubert and Mrs. Swart for making the blog possible this year. Please visit us again if you just want to relive a moment! Foto: EJ Lang When the high school gathered in front of the main building on Monday morning, all of our hearts were heavy. The feeling of anti-climax after such an exciting week is one of the worst feelings. Despite your tired body and burning throat, you wish you could relive the hustle and bustle of Interschool week. In the Interschools week, something new happens every day and every hour: and...