Skip to main content

Die Laerskool Groot Brag gaan oor Groot Geesvang!

 Die Laerskool Groot Brag gaan oor Groot Geesvang!


n Mens weet dit is interskole as die dak van die skoolsaal lig soos die Laerskool op die Maandag van interskole week sing: Mango-mango, die Gimmies doen die tango.


Die Laerskool interskole het met luister afgeskop. Die saal was feestelik opgemaak in wit, blou en
jade. Die dogters het trots gesit met hulle hare mooi gevleg en ‘n nautilus tatoo op die linkerwang.

Elke span en leerder kry haar beurt om vorentoe te tree en aan almal te wys dat sy reg is vir die groot dag en die groot wedstryd. Alles hang van die regte opstapliedjie af. ‘n Span moet ‘n goeie opstapliedjie hê. Die opstapliedjie bind hulle saam as ‘n span. As hulle aanvanklik opstaan is elke spanlid nog in haar eie wêreld, maar die musiek gryp hulle aan om in gelid met die nodige “right stuff” houding by die gangetjie af te stap.


Natuurlik vermurwe elke mamma se hart as sy kyk na haar ou doggie wat voor op die verhoog staan. Die kapteine, skaars ‘n paar bakstene groot, vat die mikrofoon en begin die span bekendstel. Diegene wat lank met mamma geoefen het, onthou hulle woorde goed en eindig met die vasberade stelling: “Gimmies pas op, want ons gaan julle vanmiddag wys!” Daar is wel ander kapteines wat in ‘n oomblik van swakheid en verhoogangs die hele span se name vergeet het, Dit maak egter nie saak nie, want die menslikheid maak dit spesiaal.

Almal lag lekker vir die lawwe juffrouens se gees-video waarvan die inhoud geheim sal bly en wag in afwagting vir die voorstelling van die A-spanne. 


Natuurlik word daar bespiegel of hulle vanjaar gaan wen. Sekere kinders se name word meer as ander genoem. Dit wonder van Laerskool Big Brags is dat dit werklik net vir die pret is. Die woorde soos “Gimmies ons kom vir julle,” is net woorde. Die pret op laerskool lê in deelname. Soms gaan dit vir die ouers oor wen bo alles, maar nie vir die leerders nie. Interskole is geesvang en sports en jou ma se geld mors op gekerfde ys met gekleurde stroop op. 

Lekker man, lekker!!




Comments

Popular Posts

Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:

  Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:  by Karla Joubert Some describe her as the best player they have seen in a long time. Others say she plays effortlessly and it is as if she simply plucks the ball out of the air. Where others rush she simply moves with time distributing the ball to all her teammates. She is of course Kyla Dames.  We asked Kyla some questions that we are sure our readers are burning to know, as well as offering some of her advice and expectations for what lies ahead regarding the upcoming interschools game.  Karla : What role do you play as captain? Kyla : I don't feel as if I play a specific role. I rather offer support to my team and try to bring out the best in them.  Karla : What makes netball such a special sport to you ? Kyla : Netball is very special. The sport itself is really amazing and a good netball game is definitely one of the best games to watch. Netbal allowed me to meet so many people and form some of m...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag.

  Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag. ‘n Derby-dag, soos interskole is ‘n wonderlike ding. Dit is ‘n dag waarna die skool heeljaar uitsien net om vir hul opponente te wys wie is nou eintlik die beter skool. Die leerders gaan gewoonlik bos met die geleentheid en van die ouers trek heeltemal in die oerwoud in. Afrigters of breiers soos hulle in ou Afrikaans bekend gestaan het, bearbei hul spanne en smeek hulle om kalm te bly, want as derby dag waansin eers deur jou span ingeasem word dan kan dinge op vele maniere skeef loop… Ek is ‘n onderwyserskind en het langs die sportveld groot geword. As kind kan ek derby-dae of interskoles net onthou vir die ewigdurende 60 minute van die eerste hokkiespan wedstryd voor ek my gesig kon gaan taai maak met spookasem en stroop-vetkoeke. Soos ek ouer geraak het, het die dag natuurlik ander betekenis gekry. Ek het self gespeel in daardie eerste span. Die reuk van deepheat en gemufde shinpads het altyd om jou en jou spanmaats gehang. Jo...