Skip to main content

Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag.


 Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag.


‘n Derby-dag, soos interskole is ‘n wonderlike ding. Dit is ‘n dag waarna die skool heeljaar uitsien net om vir hul opponente te wys wie is nou eintlik die beter skool. Die leerders gaan gewoonlik bos met die geleentheid en van die ouers trek heeltemal in die oerwoud in. Afrigters of breiers soos hulle in ou Afrikaans bekend gestaan het, bearbei hul spanne en smeek hulle om kalm te bly, want as derby dag waansin eers deur jou span ingeasem word dan kan dinge op vele maniere skeef loop…


Ek is ‘n onderwyserskind en het langs die sportveld groot geword. As kind kan ek derby-dae of interskoles net onthou vir die ewigdurende 60 minute van die eerste hokkiespan wedstryd voor ek my gesig kon gaan taai maak met spookasem en stroop-vetkoeke. Soos ek ouer geraak het, het die dag natuurlik ander betekenis gekry. Ek het self gespeel in daardie eerste span. Die reuk van deepheat en gemufde
shinpads het altyd om jou en jou spanmaats gehang. Jou afrigter se woorde, “onthou meisies, julle speel soos julle opwarm,” het in jou ore geresoneer soos jy die bal heen-en-weer gegee het, terwyl jy opgewarm het. Soms het jy sukses gesmaak en ander kere hartverskeurende teleurstelling. Die oomblik was egter altyd magies en onaantasbaar.

Ek het ook al vele kere in die afrigtersbank gesit en my span probeer voorberei en aanmoedig. Ek weet vir die wêreld daarbuite is die toesnou van woorde maklik en die voor die hand liggende beweging, voor die hand liggend, maar die afrigter kyk anders na sy of haar span. ‘n Mooi beweging wat geleer is en uitgevoer is, dryf mens tot trane, die trots op die spelers se gesigte as hulle ‘n doel geskiet het, verkry ewigheidswaarde by jou en die mooiheid van spangees en kameradrie moedig jou aan om weer volgende jaar te probeer.

Ja, derby-dae het hul eie dinamiek. Derby-dae verhoog jou sintuie, dit maak jou hart vinniger klop, dit maak jou minder dink en op instink reaggeer. Dit is egter hierdie dinamiek van derby-dae wat herinneringe bou en jou anker in ‘n spesifieke plek, in ‘n spesifieke span en vul met ‘n spesifieke doel. Dit laat jou amper soos William Wallace in Braveheart skree: FREEDOM!


Of meer gepas: Ek wil in Girls’ High wees! Almal wil in Girls High wees!


*Foto's is afkomstig van die lens van EJ Lang en vervat beelde van Interskole 2022. Herleef die oomblik

Comments

Popular Posts

Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer

  Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer deur Chane van Zyl Foto: EJ Lang Gim se hekke wemel van voete wat in en uit beweeg. Dis 'n gonsende bynes van opwinding en verwagting wat in die lug hang. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Dit is INTERSKOLE! Met 'n hart vol liefde en nostalgie neem ek die geleentheid waar om die dag te deel met my geliefde vriendinne. Ons loop saam langs die veld, die herinneringe van ons avonture en oomblikke van vreugde en verdriet deelend. Ons praat oor ons drome en hoop vir die toekoms, terwyl ons weet dat hierdie oomblikke ons altyd sal verbind, selfs al skei ons paaie eendag. Die geur van vars grasperk vul die lug, en ek kan nie anders as om die oomblik te koester nie. Ek neem 'n oomblik om om my te kyk en al die gelukkige gesigte te sien. Ons meisies het ons verskillende belange en talente, maar vandag is ons almal een - een skool, een gemeenskap, een familie. Die wedstryde vorder, en ek voel die adrenalien in my are pomp. ...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

A last hurrah for Interschools 2023

A last hurrah for Interschools 2023! By Abigail Combrinck, Phia Heydenreich and Annemay Schade. With these parting words the writers and Editorial team of the Paarl Girls' High Interschools '23 Blog leave you. It was an absolute pleasure to report on the daily events, to get excited about games to come and reflect on the deeper meaning of Interschools for us. We thank our writers Isabella Groenewald, Chane van Zyl, Mira van Niekerk, Luca Yelverton, Hanah Malan, Karla Joubert and Mrs. Swart for making the blog possible this year. Please visit us again if you just want to relive a moment! Foto: EJ Lang When the high school gathered in front of the main building on Monday morning, all of our hearts were heavy. The feeling of anti-climax after such an exciting week is one of the worst feelings. Despite your tired body and burning throat, you wish you could relive the hustle and bustle of Interschool week. In the Interschools week, something new happens every day and every hour: and...