Skip to main content

Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag.


 Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag.


‘n Derby-dag, soos interskole is ‘n wonderlike ding. Dit is ‘n dag waarna die skool heeljaar uitsien net om vir hul opponente te wys wie is nou eintlik die beter skool. Die leerders gaan gewoonlik bos met die geleentheid en van die ouers trek heeltemal in die oerwoud in. Afrigters of breiers soos hulle in ou Afrikaans bekend gestaan het, bearbei hul spanne en smeek hulle om kalm te bly, want as derby dag waansin eers deur jou span ingeasem word dan kan dinge op vele maniere skeef loop…


Ek is ‘n onderwyserskind en het langs die sportveld groot geword. As kind kan ek derby-dae of interskoles net onthou vir die ewigdurende 60 minute van die eerste hokkiespan wedstryd voor ek my gesig kon gaan taai maak met spookasem en stroop-vetkoeke. Soos ek ouer geraak het, het die dag natuurlik ander betekenis gekry. Ek het self gespeel in daardie eerste span. Die reuk van deepheat en gemufde
shinpads het altyd om jou en jou spanmaats gehang. Jou afrigter se woorde, “onthou meisies, julle speel soos julle opwarm,” het in jou ore geresoneer soos jy die bal heen-en-weer gegee het, terwyl jy opgewarm het. Soms het jy sukses gesmaak en ander kere hartverskeurende teleurstelling. Die oomblik was egter altyd magies en onaantasbaar.

Ek het ook al vele kere in die afrigtersbank gesit en my span probeer voorberei en aanmoedig. Ek weet vir die wêreld daarbuite is die toesnou van woorde maklik en die voor die hand liggende beweging, voor die hand liggend, maar die afrigter kyk anders na sy of haar span. ‘n Mooi beweging wat geleer is en uitgevoer is, dryf mens tot trane, die trots op die spelers se gesigte as hulle ‘n doel geskiet het, verkry ewigheidswaarde by jou en die mooiheid van spangees en kameradrie moedig jou aan om weer volgende jaar te probeer.

Ja, derby-dae het hul eie dinamiek. Derby-dae verhoog jou sintuie, dit maak jou hart vinniger klop, dit maak jou minder dink en op instink reaggeer. Dit is egter hierdie dinamiek van derby-dae wat herinneringe bou en jou anker in ‘n spesifieke plek, in ‘n spesifieke span en vul met ‘n spesifieke doel. Dit laat jou amper soos William Wallace in Braveheart skree: FREEDOM!


Of meer gepas: Ek wil in Girls’ High wees! Almal wil in Girls High wees!


*Foto's is afkomstig van die lens van EJ Lang en vervat beelde van Interskole 2022. Herleef die oomblik

Comments

Popular Posts

Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:

  Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:  by Karla Joubert Some describe her as the best player they have seen in a long time. Others say she plays effortlessly and it is as if she simply plucks the ball out of the air. Where others rush she simply moves with time distributing the ball to all her teammates. She is of course Kyla Dames.  We asked Kyla some questions that we are sure our readers are burning to know, as well as offering some of her advice and expectations for what lies ahead regarding the upcoming interschools game.  Karla : What role do you play as captain? Kyla : I don't feel as if I play a specific role. I rather offer support to my team and try to bring out the best in them.  Karla : What makes netball such a special sport to you ? Kyla : Netball is very special. The sport itself is really amazing and a good netball game is definitely one of the best games to watch. Netbal allowed me to meet so many people and form some of m...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat!

  Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat! Sjoe! Ek is opgewonde oor die o.18 A hokkiewedstryd. ‘n Jong span en ‘n nuwe jaar. Hulle ken nie vrees nie en hulle speel vir mekaar. Dit is wat almal sê van hierdie spannetjie. Hierdie spannetjie het ‘n goeie jaar gehad en hulle moes deurgaans vegtersgees wys vanaf hul toernooi vroeër vanjaar by St Mary’s in Pretoria. In elke wedstryd teen elke top gerangeerde span het hulle ons verras. Hulle kan nie in ‘n blik gedruk word nie.  Kom ons wees eerlik dat in die Paarl wil mense graag HMS hokkie in ‘n blik druk en ons weet dat die volgende twee dae se hokkie wedstryde ‘n Dawid en Goliat storie is. Dit is ‘n geval van “we see your one Astro and we raise you two.” Geen oorwinning gaan vir ons gegee word nie. Die oorwinning wat ons o.18 A’s vroeër vanjaar oor Gim gekry het, is ‘n gelukkige herinnering om te hê, maar dit kan op ons boemerang. Ons sit nou met die spreekwoordelike gekwesde bul wat reg is vir ons en ons graag sa...