Skip to main content

Old Girls: Ons noem HMS ons tuiste!

Old Girls: Ons noem HMS ons tuiste! 

deur Phia Heydenreich


Met ‘n groot geleentheid soos Interskole, kan oud-leerlinge net nie wegbly nie! Geklee in skulp-patroon serpies, ou skoolbaadjies of matriektruie, daag studente die Paarl se koue uit in vasberadenheid om hul alma maters te ondersteun. Hulle stroom in massas van Stellenbosch en Kaapstad, desperaat om onpersoonlike lesings-lokale te ontvlug en terug te keer na die gelukkige, beskermde atmosfeer van hul hoërskool.


Vanaand, op HMS se astro en netbalbane, het Old Girls bymekaar gekom en die ‘Girls High Magic’ vir die soveelste maal uitgeleef. Gimnasium het die onder-24 afdeling by beide hokkie en netbal gewen, maar die Old Boys van dieselfde ouderdomsgroep het die beker gevat! Old Girls bo-25 het by die netbal ook uitgeblink en HMS trots gemaak. Ons wag in spanning om te sien of ou HJS rugbyspelers hul spiere kan los skud en gereed is om Gim s’n aan te vat, Woensdagaand. 


Kate Rolfe (klas van 2021) se oë het geskitter met blydskap en trots toe sy haar mede-oudleerlinge aangemoedig het. Sy het genoem dat dit vir haar so lekker, maar so vreemd is om terug te wees, en dat alles by die skool in die afgelope paar maande verander het - te danke aan ons splinternuwe gebou wat met ‘n klubhuis spog! Zanke Nell, net so paar maande uit matriek, was deel van die 19-24 jarige hokkiespan. “Ons het dit almal baie geniet - nie die telling nie maar die game algeheel!” was haar woorde na die wedstryd, laggend. Dit was duidelik die Old Girls was in ekstase om weer op bekende grond te wees.


Vir my sal dit ‘n ongelooflike belewenis wees om na jare op hierdie skoolgronde te stap. Om 5 jaar se geluk en hartseer te herleef. Om weer my stem hees te skree vir die groen, wit en blou. Om vorige vriendinne en juffrouens te groet, en te weet dat beide ‘n belangrike invloed op my lewe gehad het. Om op dieselfde pad te wandel as vantevore; nou as ‘n volwassene met ervaring en verantwoordelikheid, in plaas van ‘n groot-oog meisie vol opgewondenheid oor wat voorlê. 


Ek is definitief nóg die opgewonde, groot-oog meisie. Ek weet nie of ek gereed is om hierdie veilige borrel te verlaat en die onpersoonlike, gróót wêreld van koshuise en lektors en werksgeleenthede aan te pak nie. Om my tweede huis in te ruil vir die onbekende nie. Tog het die afgelope 4 jaar by HMS my gevorm en opgebou tot wie ek is vandag; die regte vaardighede gegee om ‘n sukses van my toekoms en welstand te maak. 


As ek kyk na my ‘miladys’, nou volwasse en pragtig van binne en buite, voel ek geïnspireer om te vertrou dat ek, nes hulle, deur hierdie 5 jaar gereed gemaak is vir lewe na matriek. Interskole het my gewys dat alhoewel ek elke oomblik moet koester, ek nie kan wag om die dun Nautilus serpie om my nek te draai nie.






Comments

Popular Posts

Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:

  Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:  by Karla Joubert Some describe her as the best player they have seen in a long time. Others say she plays effortlessly and it is as if she simply plucks the ball out of the air. Where others rush she simply moves with time distributing the ball to all her teammates. She is of course Kyla Dames.  We asked Kyla some questions that we are sure our readers are burning to know, as well as offering some of her advice and expectations for what lies ahead regarding the upcoming interschools game.  Karla : What role do you play as captain? Kyla : I don't feel as if I play a specific role. I rather offer support to my team and try to bring out the best in them.  Karla : What makes netball such a special sport to you ? Kyla : Netball is very special. The sport itself is really amazing and a good netball game is definitely one of the best games to watch. Netbal allowed me to meet so many people and form some of m...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag.

  Die dinamika van die sogenaamde "derby"-dag. ‘n Derby-dag, soos interskole is ‘n wonderlike ding. Dit is ‘n dag waarna die skool heeljaar uitsien net om vir hul opponente te wys wie is nou eintlik die beter skool. Die leerders gaan gewoonlik bos met die geleentheid en van die ouers trek heeltemal in die oerwoud in. Afrigters of breiers soos hulle in ou Afrikaans bekend gestaan het, bearbei hul spanne en smeek hulle om kalm te bly, want as derby dag waansin eers deur jou span ingeasem word dan kan dinge op vele maniere skeef loop… Ek is ‘n onderwyserskind en het langs die sportveld groot geword. As kind kan ek derby-dae of interskoles net onthou vir die ewigdurende 60 minute van die eerste hokkiespan wedstryd voor ek my gesig kon gaan taai maak met spookasem en stroop-vetkoeke. Soos ek ouer geraak het, het die dag natuurlik ander betekenis gekry. Ek het self gespeel in daardie eerste span. Die reuk van deepheat en gemufde shinpads het altyd om jou en jou spanmaats gehang. Jo...