Skip to main content

Old Girls: Ons noem HMS ons tuiste!

Old Girls: Ons noem HMS ons tuiste! 

deur Phia Heydenreich


Met ‘n groot geleentheid soos Interskole, kan oud-leerlinge net nie wegbly nie! Geklee in skulp-patroon serpies, ou skoolbaadjies of matriektruie, daag studente die Paarl se koue uit in vasberadenheid om hul alma maters te ondersteun. Hulle stroom in massas van Stellenbosch en Kaapstad, desperaat om onpersoonlike lesings-lokale te ontvlug en terug te keer na die gelukkige, beskermde atmosfeer van hul hoërskool.


Vanaand, op HMS se astro en netbalbane, het Old Girls bymekaar gekom en die ‘Girls High Magic’ vir die soveelste maal uitgeleef. Gimnasium het die onder-24 afdeling by beide hokkie en netbal gewen, maar die Old Boys van dieselfde ouderdomsgroep het die beker gevat! Old Girls bo-25 het by die netbal ook uitgeblink en HMS trots gemaak. Ons wag in spanning om te sien of ou HJS rugbyspelers hul spiere kan los skud en gereed is om Gim s’n aan te vat, Woensdagaand. 


Kate Rolfe (klas van 2021) se oë het geskitter met blydskap en trots toe sy haar mede-oudleerlinge aangemoedig het. Sy het genoem dat dit vir haar so lekker, maar so vreemd is om terug te wees, en dat alles by die skool in die afgelope paar maande verander het - te danke aan ons splinternuwe gebou wat met ‘n klubhuis spog! Zanke Nell, net so paar maande uit matriek, was deel van die 19-24 jarige hokkiespan. “Ons het dit almal baie geniet - nie die telling nie maar die game algeheel!” was haar woorde na die wedstryd, laggend. Dit was duidelik die Old Girls was in ekstase om weer op bekende grond te wees.


Vir my sal dit ‘n ongelooflike belewenis wees om na jare op hierdie skoolgronde te stap. Om 5 jaar se geluk en hartseer te herleef. Om weer my stem hees te skree vir die groen, wit en blou. Om vorige vriendinne en juffrouens te groet, en te weet dat beide ‘n belangrike invloed op my lewe gehad het. Om op dieselfde pad te wandel as vantevore; nou as ‘n volwassene met ervaring en verantwoordelikheid, in plaas van ‘n groot-oog meisie vol opgewondenheid oor wat voorlê. 


Ek is definitief nóg die opgewonde, groot-oog meisie. Ek weet nie of ek gereed is om hierdie veilige borrel te verlaat en die onpersoonlike, gróót wêreld van koshuise en lektors en werksgeleenthede aan te pak nie. Om my tweede huis in te ruil vir die onbekende nie. Tog het die afgelope 4 jaar by HMS my gevorm en opgebou tot wie ek is vandag; die regte vaardighede gegee om ‘n sukses van my toekoms en welstand te maak. 


As ek kyk na my ‘miladys’, nou volwasse en pragtig van binne en buite, voel ek geïnspireer om te vertrou dat ek, nes hulle, deur hierdie 5 jaar gereed gemaak is vir lewe na matriek. Interskole het my gewys dat alhoewel ek elke oomblik moet koester, ek nie kan wag om die dun Nautilus serpie om my nek te draai nie.






Comments

Popular Posts

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer

  Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer deur Chane van Zyl Foto: EJ Lang Gim se hekke wemel van voete wat in en uit beweeg. Dis 'n gonsende bynes van opwinding en verwagting wat in die lug hang. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Dit is INTERSKOLE! Met 'n hart vol liefde en nostalgie neem ek die geleentheid waar om die dag te deel met my geliefde vriendinne. Ons loop saam langs die veld, die herinneringe van ons avonture en oomblikke van vreugde en verdriet deelend. Ons praat oor ons drome en hoop vir die toekoms, terwyl ons weet dat hierdie oomblikke ons altyd sal verbind, selfs al skei ons paaie eendag. Die geur van vars grasperk vul die lug, en ek kan nie anders as om die oomblik te koester nie. Ek neem 'n oomblik om om my te kyk en al die gelukkige gesigte te sien. Ons meisies het ons verskillende belange en talente, maar vandag is ons almal een - een skool, een gemeenskap, een familie. Die wedstryde vorder, en ek voel die adrenalien in my are pomp. ...

Dik Vibe

  Dik vibe  by Isabella Groenewald During Big Brag, a new teacher at our school, Ms Fouché, was put on the spot and asked to describe Interschools. Her answer summed up Interschools in two words and left the crowd cheering: Dik vibe. The first layer of the Interschools vibe takes place amongst school learners. You paint people’s faces you’ve barely held a conversation with. You borrow hair ties and ribbons from random people so one of the unofficial, underpaid Girls’ High stylists can braid your hair. You cheer unfamiliar names next to the sports field, regardless of if you know them or not, because they are part of your school. The dik Interschools vibe creates a form of nationalist pride in your school and reinforces the existing sisterhood we have in Girls’ High.  The second layer of Interschools vibe is the town of Paarl. During Interschools week, you have to colour coordinate your outfits to the school you support. You decorate your house in the school's colours, and...