Skip to main content

Híér gaan die lekkerrrr!

Híér gaan die lekkerrrr! 

Foto: EJ Lang
Gees loop dik hier in Girls’ High. Ons weet die kinders voel dit in hulle voet, in hul heupe en in hul lywe. Hulle wil net dans-dans van opgewondenheid vir vanmiddag se groot stryd. Wat hulle nie weet nie is dat die opwinding saam met die spanning deur die onderwysers en terreinpersoneel se are klop.

Die onderwysers het vanoggend saamgekom vir ‘n interskole ontbyt waar strategieë en stressvlakke bespreek is. Die een onderwyser het selfs vir my die data gewys van haar slimhorlosie wat haar stresvlakke gister gemeet het - GEVAARLIK! Interskole is vir ‘n gesondheidsrisiko vir die pedagoë, maar dan is dit ook ‘n tyd van geesvang en opgewonde raak oor iets groter as hulself.Ons het nog so gesit en praat vanoggend toe die koshuispersoneel met ‘n gesing en dans deur die deur van die personeelkamer bars. Die boodskap was duidelik, los jou stres, leef vir die oomblik, speel jou hart uit en geniet dit, want dit kom net eenmaal ‘n jaar - ampers soos Kersfees!
Hier sing Lienkie, Phila, Brittany, Wilmien en Rosanne vir ons om lekker gees te hê.

Later het die onderwysers ook hulle gees aan die leerders ten toongestel.



Comments

Popular Posts

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...

Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer

  Matriek momente: Uit die lens van 'n toeskouer deur Chane van Zyl Foto: EJ Lang Gim se hekke wemel van voete wat in en uit beweeg. Dis 'n gonsende bynes van opwinding en verwagting wat in die lug hang. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Dit is INTERSKOLE! Met 'n hart vol liefde en nostalgie neem ek die geleentheid waar om die dag te deel met my geliefde vriendinne. Ons loop saam langs die veld, die herinneringe van ons avonture en oomblikke van vreugde en verdriet deelend. Ons praat oor ons drome en hoop vir die toekoms, terwyl ons weet dat hierdie oomblikke ons altyd sal verbind, selfs al skei ons paaie eendag. Die geur van vars grasperk vul die lug, en ek kan nie anders as om die oomblik te koester nie. Ek neem 'n oomblik om om my te kyk en al die gelukkige gesigte te sien. Ons meisies het ons verskillende belange en talente, maar vandag is ons almal een - een skool, een gemeenskap, een familie. Die wedstryde vorder, en ek voel die adrenalien in my are pomp. ...

Dik Vibe

  Dik vibe  by Isabella Groenewald During Big Brag, a new teacher at our school, Ms Fouché, was put on the spot and asked to describe Interschools. Her answer summed up Interschools in two words and left the crowd cheering: Dik vibe. The first layer of the Interschools vibe takes place amongst school learners. You paint people’s faces you’ve barely held a conversation with. You borrow hair ties and ribbons from random people so one of the unofficial, underpaid Girls’ High stylists can braid your hair. You cheer unfamiliar names next to the sports field, regardless of if you know them or not, because they are part of your school. The dik Interschools vibe creates a form of nationalist pride in your school and reinforces the existing sisterhood we have in Girls’ High.  The second layer of Interschools vibe is the town of Paarl. During Interschools week, you have to colour coordinate your outfits to the school you support. You decorate your house in the school's colours, and...