Skip to main content

Híér gaan die lekkerrrr!

Híér gaan die lekkerrrr! 

Foto: EJ Lang
Gees loop dik hier in Girls’ High. Ons weet die kinders voel dit in hulle voet, in hul heupe en in hul lywe. Hulle wil net dans-dans van opgewondenheid vir vanmiddag se groot stryd. Wat hulle nie weet nie is dat die opwinding saam met die spanning deur die onderwysers en terreinpersoneel se are klop.

Die onderwysers het vanoggend saamgekom vir ‘n interskole ontbyt waar strategieë en stressvlakke bespreek is. Die een onderwyser het selfs vir my die data gewys van haar slimhorlosie wat haar stresvlakke gister gemeet het - GEVAARLIK! Interskole is vir ‘n gesondheidsrisiko vir die pedagoë, maar dan is dit ook ‘n tyd van geesvang en opgewonde raak oor iets groter as hulself.Ons het nog so gesit en praat vanoggend toe die koshuispersoneel met ‘n gesing en dans deur die deur van die personeelkamer bars. Die boodskap was duidelik, los jou stres, leef vir die oomblik, speel jou hart uit en geniet dit, want dit kom net eenmaal ‘n jaar - ampers soos Kersfees!
Hier sing Lienkie, Phila, Brittany, Wilmien en Rosanne vir ons om lekker gees te hê.

Later het die onderwysers ook hulle gees aan die leerders ten toongestel.



Comments

Popular Posts

Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat!

  Kom-kom, kom staan nader. Laat ons bietjie hokkie praat! Sjoe! Ek is opgewonde oor die o.18 A hokkiewedstryd. ‘n Jong span en ‘n nuwe jaar. Hulle ken nie vrees nie en hulle speel vir mekaar. Dit is wat almal sê van hierdie spannetjie. Hierdie spannetjie het ‘n goeie jaar gehad en hulle moes deurgaans vegtersgees wys vanaf hul toernooi vroeër vanjaar by St Mary’s in Pretoria. In elke wedstryd teen elke top gerangeerde span het hulle ons verras. Hulle kan nie in ‘n blik gedruk word nie.  Kom ons wees eerlik dat in die Paarl wil mense graag HMS hokkie in ‘n blik druk en ons weet dat die volgende twee dae se hokkie wedstryde ‘n Dawid en Goliat storie is. Dit is ‘n geval van “we see your one Astro and we raise you two.” Geen oorwinning gaan vir ons gegee word nie. Die oorwinning wat ons o.18 A’s vroeër vanjaar oor Gim gekry het, is ‘n gelukkige herinnering om te hê, maar dit kan op ons boemerang. Ons sit nou met die spreekwoordelike gekwesde bul wat reg is vir ons en ons graag sa...

Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:

  Interview with Kyla Dames, the first team netball captain:  by Karla Joubert Some describe her as the best player they have seen in a long time. Others say she plays effortlessly and it is as if she simply plucks the ball out of the air. Where others rush she simply moves with time distributing the ball to all her teammates. She is of course Kyla Dames.  We asked Kyla some questions that we are sure our readers are burning to know, as well as offering some of her advice and expectations for what lies ahead regarding the upcoming interschools game.  Karla : What role do you play as captain? Kyla : I don't feel as if I play a specific role. I rather offer support to my team and try to bring out the best in them.  Karla : What makes netball such a special sport to you ? Kyla : Netball is very special. The sport itself is really amazing and a good netball game is definitely one of the best games to watch. Netbal allowed me to meet so many people and form some of m...

Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie

  Skaak - die spel wat nie diskrimineer nie Deur Luca Yelverton Interskole is ‘n baie opwindende tydperk vir al die leerders in HMS. Dit is ‘n fees waarna almal heeljaar uitsien en dit is ‘n tyd propvol pret en plesier. Die doel is natuurlik om te wen, maar meer as dit is die doel om dit te geniet. Hierdie stelling klink seker soos elke praatjie wat ons nog voor elke wedstryd moes hoor, maar dis waar. Interskole is ‘n belewenis en ons moet dit waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om elke jaar hierdie spesiale gebeurtenis saam met ons broers in blou te kan aanpak. Tydens Interskole word daar baie verskillende sporte gespeel. Een van hierdie sporte is natuurlik skaak. Ja, skaak is ‘n sport. Al die HMS-skaakspelers het hard gewerk en is reg vir Interskole. PK Subban het gesê: “Die lewe is soos ‘n skaakwedstryd. Elke besluit wat jy neem, het ‘n gevolg.” Subban se vergelyking pas perfek. Ek het persoonlik Dinsdag my eesrte interskole skaakwedstryd gespeel en dit was regtig ‘n spesial...